Categories: Video'sPublished On: 23rd October 2024

VIDEO: 2023 Boer van die jaar: Dewald te Water

By 1 min read
212 words

Screenshot 2024-10-23 121005

Die ProagriMedia span het vroeer die jaar die ongelooflike voorreg gehad om by 2023 se boer van die jaar Dewald te Water, wat boer tussen Bethal en Trichard in Mpumalanga, ‘n draai te gaan maak en te deel in die wysheid wat hy toepas as ‘n suksesvolle boer.

Hier is ‘n paar hoogtepunte:

Dewald se beginpunt van boer:

“Die boerdery het begin met ՚n klein skaapkudde en twee- of driehonderd hektaar mielies. Van daar af het ons begin om sowel ons kudde as landerye uit te brei. “Nadat ek in 1997 geswot het, het ek by ՚n boer naby Kriel gewerk. My broer het hier op die plaas waar ons grootgeword het saam met ons oupa geboer en basies na my oupa se vee gekyk. Twee jaar daarna het hy voorgestel dat ons saam en groter probeer boer.” Dewald het toe sy werk bedank en saam het die broers bykomende grond gehuur om groter te begin boer.

‘n Top wenk van die boer:

“In vandag se dae moet jy absoluut veelsydig wees. Jy moet in alle opsigte ՚n baie goeie sakeman wees, van aankoper tot verkoper. Terselfdertyd moet jy ook ՚n agronoom wees en goeie menseverhoudings handhaaf.”

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0