VIDEO: Van 1996 tot Vandag | Valtrac vier 30 Jaar

VALTRA_NAMPO_2026
Drie dekades van groei, vennootskappe en betroubare meganisasie.
2026 is ‘n besondere jaar vir Valtrac, wat vanjaar 30 jaar vier as die trotse verspreider van Valtra-trekkers in Suid-Afrika. Wat in 1996 begin het, het ontwikkel tot een van die landboubedryf se bekendste suksesverhale, gebou op kwaliteit toerusting, toegewyde diens en langtermyn-verhoudings met boere.
Tydens NAMPO 2026 kyk ons terug op hierdie belangrike mylpaal en gesels oor die waarde wat Valtra en Valtrac oor die afgelope drie dekades aan Suid-Afrikaanse produsente gebied het.
Verfilm by NAMPO Oesdag 2026
30 jaar later bly die fokus dieselfde: om Suid-Afrikaanse boere te ondersteun met toerusting waarop hulle elke dag kan staatmaak.
Sien die video hieronder: