VIDEO: Valtra: Trekkertegnologie wat saam met die boer ontwikkel

Valtra
Van die klassieke Valmet 15 tot vandag se moderne Valtra-trekkers, dekades se ontwikkeling wys hoe ver trekkertegnologie gevorder het.
By NAMPO Kaap 2026 het Valtrac besoekers die geleentheid gegee om dié geskiedenis van nader te bekyk, maar ook om te sien wat die jongste Valtra-tegnologie vir vandag se boer bied.
Moderne Valtra-trekkers kombineer krag en praktiese werkverrigting met tegnologie soos GPS en slim stelsels wat boere help om meer presies en doeltreffend te werk. En die ontwikkeling stop nie hier nie, nuwe tegnologie en kunsmatige intelligensie speel ’n toenemende rol in die trekker van die toekoms.
Kyk saam en ontdek hoe Valtra voortbou op sy geskiedenis terwyl hy na die landbou van môre beweeg.