VIDEO: ESAB maak sweiswerk in die veld makliker vir boere

NAM00110
’n Gebreekte werktuig in die veld hoef nie noodwendig ’n lang stilstand te beteken nie. Met ESAB se kompakte en mobiele sweistoerusting kan boere herstelwerk aanpak waar dit nodig is.
By NAMPO Kaap 2026 het Jaques Tredoux van ESAB gewys hoe die maatskappy se kleiner sweismasjiene, waaronder die gewilde Rebel™-reeks, ontwerp is met mobiliteit, veiligheid en gebruiksgemak in gedagte.
Die Rebel™ EMP 235ic bied MIG-, TIG- en elektrode-sweiswerk in een mobiele eenheid. Met ESAB se sMIG-tegnologie word die sweisproses boonop voortdurend by die gebruiker se tegniek aangepas om ’n gladde, stabiele boog te lewer.
ESAB se Sentinel A60-sweishelm bied ook die nodige oog- en gesigbeskerming wanneer die vonke begin spat.
Kyk die video en sien hoe ESAB dit makliker maak om sweiswerk van die werkswinkel tot in die veld aan te pak.