grappe
Dom Boer se lag vir die dag:
Kan maar net nie wen Die jaloerse vrou ondersoek elke aand as haar man tuiskom sy baadjie. Jaloerse vrou: “Aha! Hier is ‘n blonde haar... en ‘n rooie. Hier is ‘n swart haar ook. Kan jy dan geen vreemde vroumense uitlos nie?” Geduldige onskuldige man: “My liewe vrou, ek[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Daar staan dit swart op wit Onnie: “Gelukkig kom kannibalisme nie meer so algemeen voor as voorheen nie.” Leerling: “Maar daar is nog mensvreters, Meneer.” Onnie: “Waar is die mensvreters waarvan jy praat?” Leerling: “Op Mauritius, Meneer.” Onnie: “Daar is geen mensvreters op Mauritius nie. Waar kom jy daaraan?”[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Die reine waarheid Frikkie gaan dood en daar is regtig niks goeds wat van hom gesê kan word nie. Sy trawant en medepligtige, Pikkie, gaan na ds Eer Lik wat Frikkie moet begrawe en bied aan: “Dominee, ek onderneem om jou nou hier in harde kontant tienmiljoen rand vir[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Uit die mond van die suigeling Ouma Ydel besluit sy wil ook byderwets wees en laat haar hare heel kort knip. Kleinseun: “Ouma lyk nou glad nie meer soos ‘n ou vrou nie.” Ouma Ydel: “Dankie Kleinseun. Soos wat lyk ek nou?” Kleinseun: “Soos ‘n ou man.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Uitmuntende gehalte Heinie kry ‘n verkyker present. Later vertel hy: “Hierdie verkyker is nog beter as wat die advertensie sê: Op hom staan 20x vergroot. Wel, ek kyk nou al vir die 21ste maal en hy vergroot nog steeds.”