Dom Boer se lag vir die dag:

laughing-animals
Die reine waarheid
Frikkie gaan dood en daar is regtig niks goeds wat van hom gesê kan word nie.
Sy trawant en medepligtige, Pikkie, gaan na ds Eer Lik wat Frikkie moet begrawe en bied aan: “Dominee, ek onderneem om jou nou hier in harde kontant tienmiljoen rand vir arm wit kindertjies te gee as jy op Frikkie se begrafnis sal sê hy was ‘n engel van ‘n mens.”
Ds Eer Lik: “Jy sê tienmiljoen rand vir arm wit kindertjies as ek sê Frikkie was ‘n engel van ‘n mens?”
Pikkie: “Ja. Kontant. Nou en hier.”
Ds Eer Lik: “Goed, ek sal dit doen. Gee maar die geld.”
Die begrafnis breek aan. Ds Eer Lik sê: Hierdie Frikkie wat ons nou hier begrawe was ‘n opperste skurk en ‘n verraaier en ‘n leuenaar en ‘n bedrieër. Maar FRIKKIE WAS ‘N ENGEL VAN ‘N MENS in vergelyking met sy trawant, Pikkie, wat nou daar staan en probeer vroom lyk.”