Dom Boer se lag vir die dag:
Opwindende vooruitsig
Petrus Padda besoek ‘n fortuinvertelster.
Fortuinvertelster: “Ek sien dat jy binnekort ‘n aantreklike, intelligente jong dame gaan ontmoet wat baie in jou gaan belangstel en alles van jou wil weet…”
Petrus Padda: “Ja, ja – vertel nog. Waar gaan ek haar ontmoet?”
Fortuinvertelster: “In die skool se biologielaboratorium.”