grappe
Dom Boer se erkenning vir die dag:
Om die braaivleisvuur Die manne staan en praat oor hulle sukses in die lewe. Die sakeman vertel hy kry sy briljantste sake-ingewings terwyl hy soggens voor die spieël staan en skeer. Die komponis stem saam – sy mooiste melodieë kom by hom op terwyl hy soggens voor die spieël[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Dis die gedagte wat tel... Die gholfspeler kom maar net nie so ver om af te slaan nie. Hy kyk na bo en onder, probeer die windrigting en -sterkte bepaal, skat die afstand en die helling... en net as sy vriend dink hy gaan nou tot ‘n punt kom,[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Wyse voorsorg ‘n Jongman maak sy fiets teen die hekpaal van die staatspresident se ampswoning staan en begin wegstap toe ‘n pandoer hom terugroep. Pandoer: “You can’t leave your bicycle here. Take it away.” Jongman: “Hoekom kan ek nie my fiets hier los nie.” Pandoer: “It is His Excellency[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
In die blomtuin Kleindogter: “Kyk net hierdie mooi roos.” Oupa: “Dit is nie ‘n roos nie; dit is ‘n strelitzia.” Kleindogter: “Hoe spel ‘n mens strelitzia?” Oupa: “Wag, noudat ek mooi kyk sien ek dit is tog ‘n roos.”
Dom Boer se wrange lag vir die dag:
So is die lewe vandag ‘n Man is ernstig aangerand en lê bewusteloos in ‘n sloot langs die pad en bloei. Twee sielkundiges kom verby, bekyk die bloeiende man en sê vir mekaar: “Ons moet die mens kry wat dit gedoen het. Hy het hulp nodig.”