Dom Boer se wrange lag vir die dag:
Deesdae heel moontlik…
Na aanleiding tot die vlak waartoe “regspraak” in hierdie land gedaal het:
Advokaat aan getuie: “Is dit waar dat jy R900 000 ontvang het om hierdie saak te bekook?”
Die getuie antwoord nie en staar net voor hom uit.
Advokaat: “Ek vra weer: Is dit waar dat jy R900 000 ontvang het om hierdie saak te bekook?”
Die getuie staar steeds swyend voor hom uit.
Regter: “Sal die getuie asseblief die advokaat se vraag beantwoord.”
Beskuldigde: “Wie, ek? O, ekskuus tog U Edele, ek het gedink hy praat met jou.”