Dom Boer se lag vir die dag:
Oral net duisternis
‘n Gawe verkeerskonstabel keer Heinie een aand voor.
Gawe verkeerskonstabel: “Meneer, besef jy dat jy sonder ligte ry?”
Heinie: “Ja, die gloeilampe is kapot.”
Gawe verkeerskonstabel: “Nou goed, hier onder in die straat is ‘n vulstasie wat gloeilampe verkoop. Gaan tot daar, koop nuwe gloeilampe en sit hulle in. Ek sal jou hierdie keer nie vervolg nie.”
Twee uur later betrap die gawe verkeerskonstabel Heinie waar hy nog steeds sonder ligte ry.
Gawe verkeerskonstabel: “Meneer, ek het jou mos ‘n kans gegee. Hoekom ry jy steeds sonder ligte?”
Heinie: “Die vulstasie het nie gloeilampies in voorraad nie. Op hulle venster is ‘n groot kennisgewing wat lui: ‘Hallo-geen-gloeilampe’.”