Dom Boer se lag vir die dag:
Dis die gedagte wat tel…
Die gholfspeler kom maar net nie so ver om af te slaan nie. Hy kyk na bo en onder, probeer die windrigting en -sterkte bepaal, skat die afstand en die helling… en net as sy vriend dink hy gaan nou tot ‘n punt kom, begin hy weer van voor af beplan en skat en meet.
Vriend: “Hoekom vat jy so lank? Hoekom slaan jy nie maar net gewoon af nie?”
Gholfspeler: “Nee, my vrou staan daar op die bult en kyk en ek wil graag ‘n perfekte hou slaan.”
Vriend: “Vergeet dit. Jy sal haar nooit van hier af kan tref nie.”