domboer
Dom Boer se lag vir die dag:
Flink vooruitgang Dom Boer het toe vandag sy ou karretjie se waarde verdubbel. Hy het die tenk vol petrol gemaak.
Dom Boer se lag vir die dag:
Red nou ‘n volk... Hens Opper: “Ek was ‘n dag lank by NAMPO en dit het my oortuig die boere sal nooit kan saamstaan nie want hulle kan nie eers oor die geringste dingetjie eenstemmigheid bereik nie. Ek het elke boer wat verbyloop gevra hoe laat is dit en[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Twee middeljarige dames gesels: Tante Rimpels: “Jou man is mos ‘n argeoloog. Is dit nie vervelig om met ‘n argeoloog getroud te wees nie?” Tante Plooie: “Nee, inteendeel – hoe ouer ek word, hoe interessanter vind hy my.
Dom Boer se lag vir die dag:
Takt Orige Heinie verpes ‘n pragtige, verstandige nooi by ‘n partytjie. Orige Heinie: “Ek neem aan jy ontvang meer uitnodigings as wat jy kan aanneem?” Pragtige, verstandige nooi: “Ek werk baie hard sodat ek nie eintlik dikwels kan uitgaan nie, maar as ‘n man my uitvra en ek wil[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Kan wees Is die storie waar wat hulle my vertel dat ‘n skaap so wankelrig loop omdat hy lank lam gewees het?