domboer
Dom Boer se lag vir die dag:
Die skrif is aan die... Die grillerige gesprek gaan oor geeste-oproepery en spiritualisme. Dawie: “My broer is mos ‘n medium.” Gawie: “Ek het dit nooit vermoed nie. Waar kom jy daaraan?” Dawie: “Dit staan op sy onderbroek se rek.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Goeie rede Orige Heinie: “Sal jy met my trou?” Verstandige mooi rooi nooi: “Nee.” Orige Heinie: “Hoekom nie?” Verstandige mooi rooi nooi: “Om mediese redes.” Orige Heinie: “Watse mediese redes?” Vestandige mooi rooi nooi: “Jy maak my siek.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Nonsensie Wat is rooi en lê op die strand? – Rooikrappetjie
Dom Boer se lag vir die dag:
‘n Feit soos ‘n seekoei Net twee soorte mense besoek die wildtuin: Die wat sê: “Daar! Daar!” en die wat sê: “Waar? Waar?”
Dom Boer se lag vir die dag:
Gryp die geleentheid ‘n Ingelsman, ‘n Jood en ‘n persoon sit op ‘n bankie by die bushalte. ‘n Vlieg gaan sit op die Ingelsman se arm en hy jaag hom weg. Die vlieg gaan sit op die Jood se arm en hy jaag hom weg. Die vlieg gaan sit[...]