Categories: GrappePublished On: 18th April 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
144 words

CAhjb0-VEAAH6ts

Kan maar net nie wen

Die jaloerse vrou ondersoek elke aand as haar man tuiskom sy baadjie.

Jaloerse vrou: “Aha! Hier is ‘n blonde haar… en ‘n rooie. Hier is ‘n swart haar ook. Kan jy dan geen vreemde vroumense uitlos nie?”

Geduldige onskuldige man: “My liewe vrou, ek het jou al honderd keer gesê: As jy so jaloers wil wees, moes jy nie met ‘n haarkapper getrou het nie.”

Dit help nie – die vrou bly jaloers en agterdogtig. Ten einde raad los die geduldige onskuldige man sy baadjie in sy motor terwyl hy by die werk is en trek dit eers aan net voordat hy die middag by die huis kom.

Jaloerse vrou ondersoek die baadjie deeglik en bars in trane uit: “Hoe ver wil jy nog gaan met jou verneukery? Nou kan jy nie eers vroumense uitlos wat heeltemal bles is nie!”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 16th February 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
19 words

CAhjb0-VEAAH6ts

Goeie onnie

Dawietjie: “Ek hoor jou onderwyser was verlede week gevaarlik siek.”

Gawietjie: “Ja, maar vandeesweek is hy gevaarlik beter.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top