Graan SA
Graan SA wen hofsaak oor koringtarief
Die hof het in Graan SA se guns beslis om die regering te dwing om die nuwe koring-invoertarief af te kondig. Die nuwe tarief van R1 591,40 per ton moes reeds op 24 Mei 2016 in werking tree, maar dit is nie amptelik afgekondig nie. Die hof het SARS[...]
Die 2016-Syngenta Graanakademie – suksesvolle deelnemers gradueer
Die jongste groep kommersiële produsente het pas gegradueer aan die vierde jaarlikse Graanakademie – ʼn sakeleierskapontwikkelingsprogram onder leiding van Syngenta, ʼn vooraanstaande agri-sakemaatskappy. Hierdie program, wat in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat se Sakeskool en met die ondersteuning van Graan SA aangebied word, het die slimboerdery-vaardighede van[...]
Graan SA sê oor oesskatting: “Dis nog vroeg”
Graan SA was baie verras oor die grootte van die voorlopige produksieskatting vir mielies wat vroeër die week vrygestel is.Die oesberaming vir kommersiële mielies is 7,438 miljoen ton en die mark het ’n oes van tussen 5,5 en 6,5 miljoen ton verwag. Volgens Jannie de Villiers, besturende direkteur van[...]
Koringkomitee-moet-graanbedryf-red
Die koringbedryf verkeer in ’n ernstige penarie wat dringend aandag verdien. Rolspelers uit die koringbedryf het onlangs in Pretoria vergader om 'n omdraaistrategie vir die koringbedryf te bespreek. Die rolspelers het verteenwoordigers uit die totale waardeketting ingesluit - vanaf saadtelers tot graanbemarkers, diensverskaffers, landboukommoditeitsorganisasies en afgevaardigdes van regeringsdepartemente.
Suid-Afrika en Argentinië is graanvennote
Nampobesoekers het al die groot Argentynse pawiljoen op die Oesdagterrein gesien en dit is daar om ‘n baie goeie rede, want die twee lande se graanbedrywe werk baie lekker saam. Die tegniese ooreenkoms tussen Graan SA en Argentinië word gereeld hersien en verleng.