Categories: NewsPublished On: 28th January 2016

Graan SA sê oor oesskatting: “Dis nog vroeg”

By 1 min read
215 words

grain-sa-logo

Graan SA was baie verras oor die grootte van die voorlopige produksieskatting vir mielies wat vroeër die week vrygestel is.

Die oesberaming vir kommersiële mielies is 7,438 miljoen ton en die mark het ’n oes van tussen 5,5 en 6,5 miljoen ton verwag. Volgens Jannie de Villiers, besturende direkteur van Graan SA, was daar baie laat aanplantings die seisoen en die 1 995 000 ha kan reg wees. “Dis nog te vroeg om te kan sê wat die produksie sal wees, want die meeste van die mielie-aanplantings in die ooste en veral die weste se produksiestreke is buite die gewone planttydperk gedoen. ’n Mielieplant het min of meer 150 dae nodig om ryp te word en niemand kan ’n rypvrye April en Mei verseker nie,” sê hy.

Die groter oes is positief vir almal, maar Graan SA waarsku dat die skatting nie veilig is nie, omdat die voorlopige raming ’n maand te vroeg is. Dit verhoog die risiko dat die syfers verkeerd is. Baie boere het net geplant om voer vir hulle diere te hê en hierdie faktore speel ook ’n rol oor hoeveel mielies beskikbaar sal wees vir verwerking.

Suid-Afrika moet steeds ten minste 3 miljoen ton mielies invoer. “Ons sal die proses van die aanplantings monitor sodat die syfers heeltyd opgedateer word,” sê mnr De Villiers.

Bron:Graan SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0