Koringkomitee-moet-graanbedryf-red
Die koringbedryf verkeer in ’n ernstige penarie wat dringend aandag verdien.
Rolspelers uit die koringbedryf het onlangs in Pretoria vergader om ‘n omdraaistrategie vir die koringbedryf te bespreek. Die rolspelers het verteenwoordigers uit die totale waardeketting ingesluit – vanaf saadtelers tot graanbemarkers, diensverskaffers, landboukommoditeitsorganisasies en afgevaardigdes van regeringsdepartemente.
‘n Komitee wat uit afgevaardigdes uit die koringbedryf bestaan gaan onder leiding van mnr Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA en voorsitter van Graan SA se Wintergraanspesialiswerkgroep, aktief werk aan voorstelle om die kwynende koringbedryf van totale ondergang te red. Die komitee fokus op die invloed wat die gradering van koring (vrystellingskriteria) en die vermenging van graan by silo’s op koringproduksie en die koringbedryf het.
Die komitee vergader weer binnekort en het ten doel om die voorstelle vroeg volgende jaar bekend te maak.