Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 27th May 2024

Nuwe witmielie Pioneer-kultivar vir besproeiing

By 3 min read
518 words

sweetcorn-3562047_1920

Photo: Pixabay

Die fyn balans tussen insetkoste en wins is belangrik wanneer besluit word om onder besproeiing te plant. Die fokus word geplaas op belangrike bestuursbesluite rakende die aanplant van kommersiële mielies. Elke besluit moet goed deurdag wees en berekend geneem
word.

Klimaatstoestande kan die sukses van ‘n oes bepaal. Die tipe wisselboustelsel, die grond se fisiese en chemiese toestand, geografiese ligging ten opsigte van produksie en bemarking, plantdatum en tydigheid, plantdiepte, populasie, rywydte, asook praktiese implementering met beskikbare werktuie kan die oes beinvloed. Die bestuur van insekte en plantsiektes is ook belangrik.

Direkte doelwitte met plant is:

  •  Vestiging van ‘n eenvormige plantestand: Dit word bereik met goeie ontkiemingskrag en saailingroeikragtigheid ten einde ‘n gelyke en eenvormige opkoms van saailinge vir ‘n homogene plantestand te bewerkstellig. Dit vorm die grondslag van goeie produksie. Talle faktore soos grondvog, temperatuur, plantdiepte, werktuig-akkuraatheid, siektes, insekte asook saadgehalte, bepaal sukses. Na die opkoms van saailinge is interplantkompetisie bepalend vir opbrengs, en saailinggroeikrag speel geen verdere rol nie.
  • Maksimum ligonderskepping: Veral onder besproeiing met relatief nouer rywydtes, is die onderskep van lig van kardinale belang. Elke mielieplant kan beskou word as ‘n klein styselfabriek wat mieliepitte met stysel vul deur middel van sonligenergie. Vir die fotosinteseproses om optimaal te funksioneer, is soveel sonversadiging as moontlik ‘n vereiste. Dit onderstreep die belangrikheid van ‘n eweredige verspreiding van plante oor die grondoppervlak. ‘n Gelyke en eenvormige blaredak sal nie onnodig son op die grond verlore laat gaan nie, en selfs vroeg in die vegetatiewe fases alle moontlike sonstrale gebruik om die produksieproses te dryf.
  • Bestuur van groeiseisoenbeskikbaarheid: Plantdatum beinvloed daglengte by mielieverbouing, maar veral die aantal hitte-eenhede wat beskikbaar is. Dit opsigself is gekoppel aan kultivarkeuse en bepaal wanneer die mielieplant gaan blom. In ‘n fyn- beplande wisselboustelsel is die doel altyd om hoé temperature en droogtetoestande tydens die kritieke blomfase te vermy. Onder besproeiing en met die buigbaarheid wat Pioneer-genetika verleen, is hierdie doelwitte haalbaar.
  • Kultivarkeuse is dus een van die belangrikste besluite wat rolspelers in die bestuursketting van besproeiingsmielies kan neem. Teen hierdie agtergrond stel ek u graag bekend aan die nuwe Pioneer witmielie-besproeiingskultivar, P14197WPW. Hierdie produk is met PowerCore™-tegnologie toegerus. Dit beteken Roundup mag deel vorm van onkruidbeheer, en beskerming word teen wurmskade gebied.

Figuur 1: P14197WPW gelykgestel aan nul in terme van kg/ha-verskil met betrekking tot ander kultivars.

  • Die swart lyn in Figuur 1 hierbo verteenwoordig P14197WPW gelykgestel aan nul in terme van kg/ha-verskil met betrekking tot ander kultivars.
  • Die Impact-data in die Noord-Kaapse besproeiingsgebied toon dat P14197WPW uitstekend presteer teenoor alle mededingende kultivars wat groeilengte betref.
  • Dit toon uitstekende genetiese vordering asook gepaste tegnologie om wurmskade doeltreffend te voorkom.

Saalinggroeikrag is aanvaarbaar. Die gevolg is die eenvormige opkoms van saailinge wat die beste benadering tot goeie opbrengs is. Staanvermoé is uitstekend.

Plante is nagenoeg 2.43 m lank met koppe wat op 52% van die plantlengte gedra word. Met koppe wat 1.23 m hoog gedra word, is die produk maklik stroopbaar.

Kopdeursnee (52.4 mm) asook koplengte (153.4 mm) is aanvaarbaar. Onder besproeiing speel meerkoppigheid geen rol nie. Die skepelmassa en konstantheid van kopvorming en graanvulling is bepalend ten opsigte van opbrengs.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0