Krag wat werk: Ontdek Mahindra se sterk en doeltreffende trekkerreeks

NAM09977
Wanneer boere kies watter trekker om aan te koop is hierdie aanbod van Mahindra nogal aanloklik: ’n 5 jaar-waarborg, ’n 3 000-uur waarborg en ՚n indrukwekkende omkeertyd van drie werksdae op diens en onderdele. Boere kry ook ՚n nuwe trekker terwyl hulle staatmakers versien word sodat hy hulle aangaan met die plaaswerk. Daarom sal baie boere waarskynlik nie anders kan as om ՚n Mahindra aan te skaf nie.
Enige boer hou van uitstekende diens en omdat Mahindra die ekstra myl vir boere loop, staan hierdie onderneming se trekkers nie sommer stil nie, hulle werk hard. Mahindra het ook vanjaar NAMPO Kaap bygewoon om boere die betroubare reeks trekkers te wys en sodat die landbouers met Mahindra-spesialiste kon gesels oor waarom die span hierdie masjiene aanbeveel.
Mahindra het die volgende trekkerreekse in sy stal: 6000, 7500 en 8600 en bied ook boordtrekkers aan.
“Mahindra se trekkers (23 of 26 perdekrag) kan gebruik word vir enige iets op die boer se plaas, en die lekkerste is almal kan ՚n aanhegsel bysit soos ՚n spuit agterop of ՚n vurkhyser soos die boer se behoeftes is. Dit kan ook saam of apart aangekoop word,” sê Craig Bergman, verkoopshoof by Mahindra SA.

Craig Bergman, Mahindra se verkoopshoof.
Lee van der Merwe van DBS Farm Equipment, wat Mahindra-trekkers en boordtrekkers in die Strand verkoop, verskaf meer inligting oor die 7590-model.
“Met 92 perdekrag is dit ՚n fris, sterk en veelsydige trekker wat baie eenvoudig is. Hy het ook nie baie tegnologie in nie wat dit makliker maak vir boere en werkers. Die trekker kan gebruik word vir enige ploeg of sleepwerk. Sy optelkrag is twee en ՚n half ton,” sê hy.
Wat hierdie Mahindra-trekker laat uitstaan is sy ligte brandstofverbruik. “Die trekker het ook ՚n lang waarborg en ons gaan self uit na boere om die trekker te versien. Die onderdele is ook maklik bekombaar.”

Lee van der Merwe van DBS Farm Equipment in die Strand.
Bernard xx, eienaar van DBS Farm Equipment, wat takke in die Strand en Wellington het, verskaf die afgelope ses jaar trekkers aan die wynlande en volgens hom is die boere uiters tevrede.

Bernard, eienaar van DBS Farm Equipment.
Kobus Lloyd van Agri Power Equipment in Robertson vertel oor sy ervaring met Mahindra-trekkers. “Ons bestaan al 20 jaar en verkoop Mahindra-trekkers. Ons is trots daarop want die trekkers werk goed in ons streek.”
Boere gebruik Mahindra se 6000- en 7500-reeks, wat dieselfde grootte trekkers is, om waens of voermengers te sleep en span hulle ook in om mee te ploeg. “Dit is ՚n baie ekonomiese trekker teen ՚n goeie prys. Mahindra-trekkers is die grootste trekkerverkoper in die wêreld, alhoewel nie in Suid-Afrika nie. Dit sê reeds baie oor die gehalte van die trekker,” voeg Kobus by.

Kobus Lloyd van Agri Power Equipment in Robertson.
Besoek Mahindra se webwerf vir enige addisionele inligting oor die onderneming se trekkers of toerusting: mahindrafarmequipment.co.za of https://dbsfarm.co.za/
