Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 21st September 2026

Low’s Creek Treated Timber: Gehalte pale waarop Afrika kan bou

By 2 min read
377 words

Bell Photo 1

As jy al ooit verby uitgestrekte sitrusboorde, druiweheinings of nuwe elektrisiteit- and telekommunikasie-infrastruktuur gery het, is die kans goed dat jy al verby een van Low’s Creek Treated Timber (LCTT) se produkte gery het.

LCTT is gebaseer in die hartjie van Suid-Afrika se belangrikste bosboustreek en oor die jare heen het hierdie onderneming ontwikkel tot een van Afrika se mees tegnologies gevorderde houtpaalfasiliteite. Maar wat maak hulle regtig ’n leier in die bedryf?

Vinnige diens wat saakmaak

Een van LCTT se grootste voordele is hul geografiese ligging. Die vervaardigingsaanleg gelee langs die N4-nasionale pad, in die Ooste van Mpumalanga, realiseer ‘n logistieke voordeel as gevolg van hulle afstand na die Maputo-hawe.

Hulle kliëntebasis is nie net beperk tot die SADC streek nie. Hulle lewer ook produkte in verskeie  lande in die res van Afrika. Hul primêre kliënte sluit in nasionale and internasionale krag- en telekommunikasiemaatskappye, provinsiale en streeksowerhede, landboukoöperasies en boere, kontrakteurs en onafhanklike handelaars.

Produkgehalte waarop jy kan staatmaak

LCTT gebruik sowel bloekom- (Eucalyptus) asook dennehout (Pinus) wat uit hul eie plantasies of deur strategiese verskaffers verkry word. Om aanvaarde lewensduur te te verseker word die hout in droogoonde gedroog (kilns) en met Creosote of CCA (Copper Chrome Arsenic) onder druk behandel .

LCTT se produkte work voorberei and behandel volgens nasionale permit voorwaardes (SANS 754, SANS 457-3 en SANS 1288) en kwalitietversekering word verseker deur ‘n markgerespekteerde kwalitietsversekering instansie. Hulle voldoen ook aan ISO 900:2015 vereistes.

Wat bied hulle aan?

LCTT se produkreeks behels die volgende;

  • Krag – en telekommunikasie: Behandelde Hout Pale vir aanwending in elektrisiteit- en telekommunikasie-infrasruktuur
  • Landboue en wingerdbou: Kwaliteit behandelde hout pale vir die stut van wingerde  en oprigting van net strukture vir vrugteboorde
  • Bou-, grasdak- en omheiningsmateriaal: Pale en latte vir argitektoniese projekte, stalle, heinings en mooi grasdakke.
  • Padveiligheid: Pale vir beskermingsrelings, padtekens en meegaande houtblokke.

Of jy nou ’n groot infrastruktuurprojek aanpak, ’n nuwe boord aanplant, of net jou plaas wil omhein, Low’s Creek Treated Timber bied ’n betroubare, praktiese oplossing toepaslik vir jou spesifieke behoeftes.

Met hul stewige plaaslike wortels en wye verspreidingsnetwerk bly hulle ’n staatmaker in die houtbedryf.

Besoek gerus www.lctt.co.za om meer te leer oor Low’s Creek Treated Timber se dienste of met die span in verbinding te tree.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1