Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 8th May 2023

Nedbank is ՚n bank vir boere

By 2 min read
484 words

Picture1 (1)

’n Boerdery is ’n onderneming, en ’n onderneming het kontantvloei en finansiering nodig om te groei. ’n Betroubare diensverskaffer wat verstaan wat jou boerdery behels, kan jou help om jou doelwitte te bereik. Daarom het Nedbank Kommersiële Banksake se Landbou-afdeling oor die afgelope dekade moue opgerol om die boer en sy boer-dery te verstaan.

“Oor die laaste tien jaar het ons ’n waardeaanbod vanuit ’n diepe begrip vir landbou ontwikkel,” vertel John Hudson, hoof van Kommersiële Banksake vir Landbou by Nedbank. “Om die boer met sy finansiële behoeftes te help, is dit noodsaaklik om na al die verskeie behoeftes te kyk eerder as om ’n standaardpakkie te skep wat sommer net aan elke boer gebied word. Die wagwoord is pasgemaakte kliënteaanbiedinge.”

Landboukenners skep waarde

John Hudson, hoof van Kommersiële Banksake by Nedbank Landbou.

Deur middel van gespesialiseerde aanbiedinge lewer Nedbank aan primêre en sekondêre landbou-ondernemings finansiering wat ’n verskil maak. Primêre ondernemings is boere self en sekondêre ondernemings is verder aan in die waardeketting wat die verwerking en waardetoevoeging van die boer se produk behels.

“Om pasgemaakte aanbiedinge moontlik te maak het ons ’n span landbouspesialiste saamgestel. Saam vorm hulle ’n bekwame, kundige landbouspan wat die waarde-aanbiedinge binne Nedbank rig. Dié pakkette word gebore uit ’n begrip en geesdrif vir landbou,” verduidelik hy. “Ons wil werklik verstaan wat ons kliënte se behoeftes is.”

Hierdie is nie net ’n stelling wat John maak nie, maar word weerspieël in die wye verskeidenheid buigsame dienste wat Nedbank aan boere lewer.

“Die aanbiedinge verskil baie wanneer jy met meer gespesialiseerde, gesofistikeerde boerderye te doen het, veral wanneer boere hulle waardetoevoegings en uitvoere self hanteer. Ons aanbiedinge is uiteenlopend, want wat vir een kliënt werk, gaan nie noodwendig vir ’n ander werk nie. Daarom moet ons landbou se uitdagings ten volle verstaan en weet waar die knelpunte is. As finansierder moet ons vra watter maatreëls ons in staat stel om daardie knelpunte te help oorkom. Daar is dikwels algemene kwessies wat dwarsdeur die landboubedryf sigbaar is, maar in ander gevalle is daar kwessies wat uniek is vir elke boerdery.”

’n Bank wat verder as net finansies dink

Vir Nedbank is enige taak wat hulle aanpak deel van die groter soeke na volhoubaarheid. Dit sluit natuurlik aan by hulle onderliggende doel om, as ’n bank, in die beste belang van hulle kliënte en die samelewing te handel.

Van die spesifieke dienste wat Nedbank aan boere bied sluit lenings, beleggings, versekering en verskeie transaksieprodukte in.

Die standaardleningsoplossings wat die bank bied bestaan uit kort-, medium- en langtermynopsies.

  • Korttermynlenings behels die beskikbaarstelling van kapitaal om bedryfskostes te dek. Dit kan deel vorm van skuldhantering om die onderneming lopend te hou totdat daar, met die volgende oessiklus, weer kontantvloei is.
  • Mediumtermynlenings is deel van wat Nedbank “bategegronde finansiering” noem. Dit is die geld wat beskikbaar gestel word om bates
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0