Lamb Champs kook met Case IH

DSC_0734
Die skouperde van Case IH lok feesbywoners om van nader te kom kyk.
Verbeel jouself: die reuk van lamsvleis wat in die lug hang, honderde voete wat krioel en trots Suid-Afrikaanse musiek in die agtergrond. Dít is ’n fees wat alle ander geleenthede ore sal aansit. Natuurlik is dit geen ander geleentheid as Lamb Champs nie.
Lamb Champs is ’n jaarlikse fees waar skaap- en bokboere die geleentheid kry om mee te ding vir die beste, gesondste en smaaklikste spit. Hierdie jaar het Lamb Champs by die Botaniese Tuin in Pretoria plaasgevind.
Beoordelaars bekyk, beruik en proe die gaar vleis om die wenner te kies. Die skape wat op die spit draai word aan die toeskouers uitgedeel vir ’n liplekker middagete.

Teikenskiet is ’n taak wat baie konsentrasie verg!
Smul saam met Case IH
Case IH is ’n trotse borg van hierdie geleentheid! Die skaap was lekker, maar die Case stalletjie was nóg lekkerder.
Feesbywoners het omtrent gekoek om Case se stalletjie, waar hulle van hulle klere, hoede, skoene en klein trekkertjies verkoop het. Verder het hulle speletjies aangebied waar wenners kon wegstap met ’n verskeidenheid van pryse.
- Deftige klere was daar van te kies en te keur.
- Ockert Strydom is in sy noppies met Case IH se mooi hoede.
Stephan Nel is die besturende direkteur van Case IH van Suid-Afrika. Hy loop oor van geesdrif oor Lamb Champs en sien dit as ’n geleentheid om skouers te skuur met ander rolspelers in die landboubedryf. “Dit is ’n baie lekker en gesellige geleentheid. Baie boere en hulle families is hier. Ons sien uit om baie van ons vriende in die bedryf hier te ontmoet vandag.”

Stephan Nel dra die Case IH-embleem met trots op sy bors.
Geen geleentheid is egter volmaak as daar nie ’n paar getooi-in-rooi trekkers is om te aanskou nie. “Dit is lekker om na ’n paar skouperde te kom kyk – dit is nou ons toerusting, ons trekkers,” stem Stephan saam. Die Case-trekkers het ook soos altyd baie aandag gelok.
Case IH se hart is oop vir boere en die landbougemeenskap. Dit is ook die dryfkrag vir hulle borgskap van die geleentheid. “Ons is hier om ons bydrae vir die gemeenskap te wys,” sluit Stephan af.

Die manne van Case skerts met mekaar by Lamb Champs.
Om in kontak met Case IH te kom, besoek gerus hulle webwerf op www.caseih.com.

