Kynoch vier vroue wat ‘n verskil maak: Stories van krag en moed

Megan Roux
Megan Roux
deur ProAgri redaksionele span
Noudat Augustus aangebreek het, vier Kynoch met trots Vrouemaand, ‘n tyd om die buitengewone bydraes van vroue in die landboubedryf en gemeenskappe te erken en te eer. Kynoch glo in die krag van vroulike leierskap en die belangrikheid van diversiteit en inklusiwiteit.
Hierdie maand bring Kynoch hulde aan die vroue wat elke dag ‘n verskil maak – van diegene wat op die plaas werk tot diegene wat in die laboratoriums en kantore innovasies aandryf. Die toekoms van die landboubedryf skyn helder danksy die vasberadenheid, passie en vaardighede van vroue wat geleenhede met beide hande aangryp.
Megan Roux
Van stadsmeisie tot die eienaar van ՚n suksesvolle eierbesigheid – Megan Roux se hande staan vir niks verkeerd nie! Toe sy ses jaar gelede getrou het en saam met haar man moes plaas toe trek, het Megan nooit gedink sy sou wees waar sy vandag is nie, Wat aanvanklik begin het as ՚n paar hoenders wat vir hulle gesin moes eiers lê, het binne twee jaar uitgebrei tot 250 vrylopende hoenders wat Megan bestuur. Sy verkoop die eiers aan die plaaslike gemeenskap en omliggende dorpe.
“Nou kan ek my eie geld maak en op dieselfde tyd by die huis wees saam met my kinders. Die plaas het my die geleentheid gebied om ՚n selfstandige besigheidsvrou te wees!” vertel Megan. Kynoch is ՚n groot ondersteuner van vroue-leiers en besigheidvrouens. Dit is weens hierdie vooruitstrewende doel dat Kynoch boeredae hou en plaasbesoeke doen, om vir elke vrou die geleentheid te gee om haar drome te bewaarheid. Kynoch is die fondasie vir vooruitgang vir talle vroueboere landswyd.
Lees die volledige storie hier: https://proagri.co.za/raakvatter-vroueboer-deel-haar-storie-die-wonder-van-groei-uit-jou-swaarkry/
Tannie Baps van Jaarsveld

Tannie Baps van Jaarsveld
‘n Baie formidabele en inspirerende vroueboer, tannie Baps van Jaarsveld boer op die plaas Rusfontein, tussen Balfour en Villiers. Oor die jare kom daar baie mense oor jou pad, en sommige mense het die gawe om ‘n merkwaardige merk in jou lewe te los. Tannie Baps is beslis een van hulle. Van boerdery, boervrou en vrou wees kan Tannie Baps jou baie leer. Tannie Baps bly al vir 48 jaar op die plaas en vertel dat sy 90% van haar tyd uitleef tussen haar beeste en dit waarvan sy hou van om te doen.
“‘n Mens moet gemaak wees vir die plaas! Jy moet baie lief wees vir ‘n plaas. Jy moet uithou deur goeie en slegte jare,” sê sy. Tannie Baps doen al vir meer as veertig jaar besigheid met Kynoch. Vir die beeste om mooi rond en gesond te wees, is dit ook noodsaaklik dat hulle voldoende voedingstowwe inneem. Kynoch se kunsmis wat op die weiding uitgestrooi word, verbeter die gehalte van voedingstowwe in die gras wat die beeste benut en dra by dat tannie Baps se mooi rooi beeste iets vir die oog is.
Tannie Baps vertel: “Die vennootskappe en verhoudings wat ek oor die jare gebou het met mense in die bedryf, rolspelers en verskaffers, het ook ‘n merkwaardige bydrae in ons boerdery gemaak. In die 48 jaar het ons van drie verskillende kunsmismaatskappye gebruik gemaak. Die eerste maatskappy het tot niet gegaan en met die tweede maatskapppy het ons nie so goed klaargekom nie. Daarna is ons bekendgestel aan Kynoch en sedertdien is dit al wat ons gebruik en ken.”
Lees die volledige storie hier: https://proagri.co.za/raakvatter-vroueboer-deel-haar-storie-die-wonder-van-groei-uit-jou-swaarkry/
Kynoch is ‘n bekende kunsmismaatskappy in die land. Om meer uit te vind besoek hulle webwerf by www.kynoch.co.za.