Categories: Gewasproduksie, Vee en Wild, VoedingPublished On: 26th May 2025

Jou diere sal bly wees: BRAZGrass bied die boer volhoubare weiding

By 4 min read
788 words

IMG_3819

Gielie Niewoudt, hoofbestuurder van BRAZGrass, is trots op die feit dat hy die eerste een was wat grasproewe by NAMPO geplant het, en dat hy vanjaar, vyftien jaar later, steeds vir boere die uitstekende prestasie van die grassaad kan wys.

Wanneer ‘n mens praat van volhoubare weidingstelsels en goeie gehalte grassaad wat vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas is, is daar een naam wat uitstaan: Onder die bekwame leiding van Gielie Niewoudt het BRAZGrass homself gevestig as ‘n betroubare verskaffer van tropiese en subtropiese grassaad wat ‘n verskil maak in boere se voerproduksie en winsgewendheid. Soos die maatskappy se leuse tereg uitwys: Weiding is wins!

‘n Passie vir gras en boerdery

Gielie Niewoudt, self ‘n ervare boer, het BRAZGrass begin met ’n eenvoudige maar kragtige visie: Om boere toe te rus met die beste genetika beskikbaar vir weiding en hoë-produksie voerkrale. Sy passie vir grasboerdery het ontstaan uit sy eie behoefte aan volhoubare en hoë-opbrengs voerbronne op sy plaas.

“Ons het begin met proewe op ons eie plaas,” vertel Gielie. “Ons het gesien watter verskil goeie grasse maak in produksie, standhoudendheid en veekondisie, en dit het my geïnspireer om dit beskikbaar te maak aan ander boere.”

Pioniers by NAMPO

BRAZGrass was die eerste maatskappy wat grasproewe by NAMPO geplant het, en vandag – 15 jaar later – is hulle steeds ’n vaste en gerespekteerde teenwoordigheid op dié toonaangewende landbouskou. Hierdie langtermynverbintenis dien as ’n lewende bewys van die volhoubaarheid en betroubaarheid van hulle grasse, wat reeds meer as ’n dekade lank onder regte boerdery-omstandighede getoets word.

“Die feit dat dieselfde variëteite jaar na jaar presteer, wys vir boere dat hulle op ons produkte kan staatmaak,” sê Gielie. Hy en sy seun, Heyns Niewoudt, is van die begin af die gesigte agter BRAZGrass se bemarking. Hulle persoonlike betrokkenheid en praktiese kennis gee boere vertroue dat hulle met mense werk wat hulle wêreld verstaan.

Gehalte grassaad vir verskeie klimaatstreke

BRAZGrass spesialiseer in die verspreiding van gehalte grassaad van beproefde variëteite soos Brachiaria, Panicum, Rhodes en Smutsvinger – almal bekend vir hulle hoë opbrengste, goeie aanpasbaarheid en uitstekende voedingswaarde. Hierdie grasse is veral geskik vir herkouers in melk- en vleisproduksie.

Wat BRAZGrass onderskei, is hulle fokus op aanpassing aan plaaslike toestande. Elke streek se klimaat, grondtipe en reënval word in ag geneem wanneer aanbevelings aan boere gemaak word. Gielie en sy span werk nou saam met landboukundiges en navorsers om boere van praktiese raad en tegniese ondersteuning te voorsien.

Van saad tot sukses

BRAZGrass is meer as net ’n saadverskaffer; dit is ’n vennoot in voerproduksie. Die onderneming help boere met beplanningsadvies oor onder meer:

  • Grondvoorbereiding
  • Insaaitye en saaimetodes
  • Bemesting en weidingbestuur
  • Hernuwing van bestaande weidings

BRAZGrass is deur internasionale gaste besoek tydens NAMPO 2025. Hulle is trots om ‘n plaaslike maatskappy te wees wat wêreldklas diens en gehalte produkte aan ‘n internasionale mark lewer.

“Ons weet elke plaas is uniek en daarom is ons benadering persoonlik,” sê Gielie. “Ons wil hê boere moet nie net gras plant nie, maar dit suksesvol benut in ‘n winsgewende produksiestelsel.”

Dit is ook waarom Gielie se sakekaartjies uniek is. Hy gee vir elkeen wat belangstel ‘n klein pakkie saad met sy en sy seun se kontakbesonderhede daarop. “Ek wil hê die boer moet dit self gaan plant, en as hy dan belangstel kan hy my bel. Ek hoef nie te praat nie, die gras moet self praat,” verduidelik Gielie die motivering agter die unieke manier van bemarking.

Verbintenis tot volhoubaarheid

Een van BRAZGrass se kernwaardes is volhoubare produksie. Grassaad word nie net gekies vir opbrengs nie, maar ook vir worteldiepte, droogtebestandheid en hergroeivermoë; alles faktore wat bydra tot beter grondgesondheid en langtermynproduksie.

“’n Goeie weiding begin by gesonde grond,” verduidelik Gielie. “Ons bevorder praktyke wat erosie beperk en grondlewe stimuleer. Oor die lang termyn help dit om insetkoste te verlaag en opbrengste te stabiliseer.”

Landwyd teenwoordig – aanlyn en in persoon

BRAZGrass lewer grassaad en kundigheid aan boere regoor Suid-Afrika en selfs in sekere buurlande. Met ’n gebruikersvriendelike webwerf en bestellingsplatform, kan boere maklik navraag doen, raad kry en hulle bestellings plaas – alles van die gemak van hulle selfone of rekenaars af.

Die onderneming is ook gereeld te sien op landbouskoue en demonstrasiedae, waar hulle met boere in gesprek tree en suksesverhale uit die veld deel. Hierdie praktiese betrokkenheid stel hulle in staat om eerstehands terugvoer te kry en voortdurend hulle diens te verbeter.

’n Groei-vennoot op jou plaas

Of jy nou ’n beginnerboer is wat weiding wil vestig, of ’n gesoute produsent wat produksie wil opskerp – BRAZGrass het die kennis, produkte en ondersteuning om jou sukses te help bewerkstellig.

Met Gielie en Heyns Niewoudt aan die stuur, is daar geen twyfel dat BRAZGrass ‘n waardevolle bydrae lewer tot die toekoms van volhoubare veeproduksie in Suid-Afrika nie. “Hierdie gras kan gesny en gebaal word, kuilvoer gemaak word, of net so deur die diere gewei word,” vertel Gielie.

Vir meer inligting, besoek www.brazgrass.co.za of kontak hulle span vir praktiese raad en produkaanbevelings.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0