Categories: Artikels, Besproeiing, GewasproduksiePublished On: 6th August 2025

Irrigation Unlimited se Ocmis is die oplossing

By 3 min read
661 words

WhatsApp Image 2025-08-06 at 12.23.15

Dietmar haak bloot die Ocmis agter sy bakkie en sleep hom waar hy moet wees.

Dietmar Niebhur het ‘n unieke probleem gehad, hy wou sy lande besproei maar het nie elektrisiteit naby sy lande nie. Hy het ‘n oplossing nodig gehad wat verskuifbaar, gebruikersvriendelik en sonder elektrisiteit kon werk. Dit is waar die Ocmis R1/1 kruipspuit van Irrigation Unlimited die dag kom red het.

In die berge van Kwa-Zulu Natal om die hoek van Paulpietersburg lê DHN Farming, die familie plaas waar Dietmar se pa en oupa hoofsaaklik nog al die jare bosbou beoefen het. Toe hy die plaas in 2006 oorvat het hy besluit om ‘n paar kontantgewasse ook aan te plant.

“Ek wil iets nalaat vir my seuns wanneer hulle weer by my wil oorvat. Daarom het ek besluit om kool en groen mielies ook aan te plant.

Die nuwe Ocmis R1/1 op Dietmar Niebhur se plaas.

‘n Boer met uitdagings

Vir Dietmar het hy ‘n besproeiingsoplossing nodig gehad wat sal voldoen aan sy unieke vereistes. Hy het laslappie lande van verskillende groottes, so hy het ‘n besproeiingstelsel nodig gehad wat verskuifbaar was.

Dietmar se water word opgepomp na sy plaas deur middel van ‘n klein wateraangedrewe turbiene, en hy gebruik swaartekrag tot sy voordeel om 8 bar waterdruk op sy lande te kry. Dit maak dit makliker en goedkoper vir Dietmar om te besproei, selfs al het hy nie elektrisiteit op sy lande is nie. So Dietmar het ‘n stelsel nodig gehad wat nie met krag werk nie, maar wat sy beskikbare druk ten volle kan gebruik.

Vir Dietmar was gebruikersvriendelikheid top prioriteit.

Irrigation Unlimited is die oplossing

Dietmar het begin navorsing doen en verskeie besproeiings opsies oorweeg. ‘n Vriend het Irrigation Unlimited aan Dietmar voorgestel en hy het kontak gemaak met Tobie van den Heever, besturende direkteur van Irrigation Unlimited.

“Ek het vir Tobie geskakel en die uitdagings aan hom verduidelik. Hy het gesê dat hy dink die Ocmis R1/1 kruipspuit is die regte oplossing vir my,” vertel Dietmar.

Die Ocmis R1/1 voldoen aan al Dietmar se behoeftes. Omdat dit ‘n kruipspuit is benodig hy nie elektrisiteit nie en die stelsel werk effektief op enige iets van 5 tot 10 bar, so Dietmar se 8 bar waterdruk werk doeltreffend om die stelsel te laat spuit.

Dietmar het ook nie ‘n trekker nodig om die spuit te verskuif nie, jy hak hom bloot agter jou bakkie en sleep hom dan waar jy hom benodig.

“Jy kan die kruipspuit se spoed stel en alles is meganies. Jy sit hom net af, swaai hom om of hak hom met die bakkie en skuif hom na die volgende plek toe,” vertel Dietmar.

Dietmar sê ook hierdie kruipspuit is vir hom uiters gebruikersvriendelik en dit vat bloot minute om hom aan die gang te kry.

“Tobie het alles behartig, die aflewering was flink, en omdat ek nie water pomp nie het Tobie vir my ‘n hidrouliese kraan ingebou wat die water toevoer afsny sodra die Ocmis op sy eindpunt kom,” verduidelik Dietmar.

Een van die bekommernisse wat Dietmar wel gehad het was dat die kanonspuit se drupels te groot gaan wees en dit dan sy klein kool plantjies sal seer maak, maar Dietmar sê hy was aangenaam verras omdat die spuit se water soos sagte reën op die plante val.

“Die Ocmis spuit sestig meter wyd en die klein plantjies wat dieselfde dag geplant is kry glad nie seer as die water op hulle val nie,” vertel Dietmar.

‘n Gelukkige boer

Dietmar is bitter gelukkig, nie net met Irrigation Unlimited se diens nie maar ook met die oplossings wat hulle aan hom kon voorsien. Hy vertel dat hy opgewonde is om te sien waar hy sy boerdery kan neem met die Ocmis op sy plaas.

“Dit was ‘n aangename ervaring om met Irrigation Unlimited besigheid te doen. Ek is baie gelukkig met die Ocmis en sal hom en Irrigation Unlimited voorstel aan enige iemand wat besproeiing wil doen,” sê Dietmar.

Indien jy meer wil uitvind oor Irrigation Unlimited se Ocmis kruipsuitreeks kan jy hulle webtuiste besoek by www.iunlimited.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0