Categories: Artikels, HulpbronbestuurPublished On: 18th September 2026

ESAB maak sweiswerk maklik, selfs in die veld

By 2 min read
371 words

NAM00124

ESAB maak sweiswerk selfs vir ’n leek maklik. En ook vir boere wat in die veld ’n veilige en maklike sweismasjien benodig. Hulle is ’n toonaangewende naam in die sweis- en snybedryf, met vernuwende tegnologie en oplossings wat die toekoms van metaalvervaardiging wêreldwyd help vorm. ESAB was ook by NAMPO Kaap vanjaar om hul sweistoerusting vir boere te wys.

Jacques Tredoux van ESAB in die Wes-Kaap sê: “Ons is in die sweisbedryf en ons verskaf ons sweistoerusting aan die publiek, groot fabrieke, vervaardigers en boere.

“Die toerusting wat ons hier het op NAMPO is ons kleiner sweismasjiene wat boere in hulle bakkie kan sit en na hulle werktuie toe kan neem in die veld om herstelwerk te doen wat dit baie makliker maak.”

Die Rebel-reeks en stokkieswysmasjiene is veral gewild. Die onderneming se sweishelms is ook wêreldklas en die elektrode (electrode)-houer gebruik jy om jou sweisstokkie in te sit om te sweis. “Die electrode-houer is gemaklik om vas te hou, is veilig, en het uitstekende stroomoordrag tussen die elektrode en houer,” sê hy.

Jacques Tredoux van ESAB in die Wes-Kaap by NAMPO Kaap.

Die Rebel™ EMP 235ic sweismasjien

Dit is die mees mobiele sweismasjien in sy klas en beskik oor die krag en werkverrigting om selfs die veeleisendste take vir boere met gemak te hanteer.

Kenmerke:

  • Ware multi-proses-vermoë – Uitstekende werkverrigting met MIG-, TIG- en elektrode-sweiswerk.
  • Ongeëwenaarde mobiliteit – Met ’n gewig van slegs 24 kg, dubbele spanningvermoë en ’n rolhok met vier handvatsels, is hierdie sweismasjien ontwerp vir maklike vervoer. Haal die Rebel 235ic van sy trollie af en pak enige taak in die werkswinkel of op die werkterrein aan.
  • sMIG-tegnologie – Die innoverende “slim-MIG”-funksie monitor die boogeienskappe dinamies en pas die sweisproses voortdurend by jou tegniek aan. Die resultaat is ’n gladde, stabiele boog. Stel eenvoudig die draaddeursnee en plaatdikte in, en jy is gereed om te sweis.

Sentinel A50-helm

“Dit is ’n standaard helmet waaraan enige sweishelmet moet voldoen. Sentinel is ’n goeie sweishelmet en digitaal georiënteerd,” sê Jacques.

Dit is ’n vaste-skakering-helm met ’n opklapontwerp. ESAB-helms slaag al 49 toetse wat die ANSI Z87.1-2010-standaarde vir oog- en gesigbeskerming vereis.

Vir meer inligting oor die onderneming se sweismasjiene, besoek www.esabsa.co.za

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0