Boere maak staat op geskikte saad vir spesifieke plaasomstandighede

WhatsApp Image 2026-09-22 at 07.41.49
Limagrain se doel is om die regte genetika by die regte boer te kry.
Selfs met die beste toerusting op jou plaas en die jongste navorsing kan jy net soveel vermag. As jy nie die regte saad vir jou gebied het nie, as jy nie die regte saad vir jou gebied het nie, sal jou gesaaides onderpresteer en jou oes ‘n teleurstelling wees … Vermy hierdie situasie met die regte vennoot sodat jy ’n hoër opbrengs kan behaal.
Limagrain is ’n saadmaatskappy wat op saadontwikkeling vir Suid-Afrikaanse boere fokus. Vanjaar het die maatskappy by NAMPO Kaap met talle boere gesels oor verskillende kultivars, die invloed van Suid-Afrika se klimaat en presies wat nodig is om suksesvol in die land van uitdagings te boer.
Eugene Muller, direkteur en bestuurder van Limagrain Suid-Afrika, vertel meer: “Ons fokus is op mielies, soja, sonneblom en koring, met lusern en raaigrasse as deel van ons weidingsaanbod. Ons doel is eenvoudig: om die regte genetika by die regte boer en plaas te kry, aangepas vir sy gebied en omstandighede, sodat hy suksesvol kan boer.”

Stephan de Wet en Riaan van Lill by Limagrain se NAMPO Kaap 2026-stalletjie.
Die gewildste in die Kaap
Die Kaap se klimaat is uniek en bring nuwe uitdagings en gevolglik stel Limagrain gereeld nuwe gewasse voor. Sekere gewasse uit die maatskappy se aanbod bly egter gewild, waaronder koring, lusern, raaigrasse en hawer.
Stephan de Wet, Limagrain se verkoopsverteenwoordiger, verduidelik dat sommige gewasse beter in die Kaap as ander presteer.
“Ons koringkultivars presteer tans baie goed, veral LG Ancia, ’n kortgroeier wat vroeg ryp word. Ons is ook baie opgewonde oor LG Albatros, wat selfs ’n titseltjie vinniger is. Volgende jaar voeg ons LG Fisant by, ’n effens langer groeier in groeiklas 7.”
Limagrain ontwikkel voortdurend nuwe saadpakkette vir die Suid-Afrikaanse mark. By die maatskappy se standplaas is daar breedvoerig gesels oor wat Limagrain doen om te verseker dat elke saadpakket vir spesifieke landerye geskik is.
Riaan van Lill, ’n Limagrain-agronoom, beklemtoon: “Die pad wat ’n agronoom by Limagrain saam met die boer stap, begin op dag een. Dit strek van die aflewering van die saad tot oestyd, amper tot binne-in die stroper. Ons staan die boer deur die hele proses by.”

Boere het gehelp om Limagrain se naam in die mark te versterk.
Boere dra by tot Limagrain-reputasie
Hy voeg by dat talle Suid-Afrikaanse boere reeds tot Limagrain se goeie naam in die mark bygedra het. Die uiteenlopende toestande waarmee boere in die land te doen kry, is juis die dryfveer agter Limagrain se ontwikkeling van nuwe en beter kultivars.
“Ons Suid-Afrikaanse boere het ’n groot bydrae tot Limagrain se naam en sukses gelewer, en daarvoor wil ons hulle opreg bedank, sê Riaan. “Hulle was bereid om ons produkte te plant en proewe op hul plase uit te voer, sodat ons kan vasstel wat die beste vir elke plaas, grondsoort, mikroklimaat en gebied werk.”
Om meer oor Limagrain te leer en uit te vind hoe jy die perfekte saadpakket vir jou landerye kan ontwikkel, besoek die maatskappy se webwerf by https://www.lgseeds.co.za/