Categories: PlantersPublished On: 19th June 2014

Horsch maak dit makliker, lekkerder en lonender

By 3 min read
662 words

Dis ’n groot lekkerkry om te sien hoe die vernuftige tegnologie van Horsch-grondbewerkers en planters die boer se taak vergemaklik, sy insetkoste besnoei en sy opbrengs vermeerder om hom meer wins in die sak te besorg.

Terratill is die mense wat Horsch se wenwerktuie in Suid-Afrika bemark en hulle flukse slimkoppe staan gereed om die beste produkte, die beste diens en die beste begrip aan ons boere te verskaf.

Die sleutel tot suksesvolle graanverbouing is doeltreffende saadbedvoorbereiding en akkurate plantwerk.

Terratill verskaf hierdie sleutel met die volgende Horsch-tegnologietoonbeelde:
Die Joker CT werk 3 tot 6 meter wyd en word aan die driepunthyser gemonteer. Die Joker RT is ’n sleepmodel wat 5 tot 12 meter wyd werk. Die Joker kombineer spoed met doeltreffende vlakbewerking, want hy werk teen tot 20 kmu en bied die volgende voordele:
• Bespaar tyd, werk vinniger en bewerk meer hektaar per uur
• Skakel die nadele van gewone tandemskottels uit – geen verdigtingslaag
• Laat ’n ferm saadbed vir vogbewaring
• Vermeng grond en reste doeltreffend
• Maak die land mooi gelyk
• Word as minimumbewerker gebruik of om konvensionele bewerking aan te vul en af te rond
• Werk mis, flodder, plantreste en groenbemesting doeltreffend in die grond in.
Joker Horsch

Joker


Terrano FX beitelploegreeks

Die Terrano FX het ’n wye reeks aanwendings, van vlak stoppelbewerking tot intensiewe vermenging van grond en oesreste. Dit het drie balke en die modelle wat van 3 tot 5 meter werk, word aan die trekker se driepunthyser gemonteer, terwyl die sleepmodelle (4, 5 en 6 meter wyd) vir dieper bewerkings tot 30 cm gebruik kan word.

Omdat die Terrano teen tot 20 kmu werk, beteken hy vir die boer minder
masjienkoste per hektaar, goeie grondstruktuur en opbrengsvermeerdering. Die Teranno bied die boer die volgende belangrike voordele:
• Met sy raam wat 85 cm hoog is en sy tande wat 30 cm uitmekaar is, is daar geen verstoppings nie, selfs nie in die digste materiaal nie
• Die Teranno gebruik 20% minder brandstof as sy mededingers
• Sy selfhersteluitskoptande beskerm die werktuig teen klippe en die 500 kg uitskopkrag maak diep bewerkings in swaar grond moontlik
• Die RollFlex-vastraproller skep ’n ferm, gelyke saadbed gereed vir plant.
Tiger MT swaardienskombinasie met skottels en tande.

Horsch TigerTiger
Die Tiger MT is perfek vir nuwe toetreders tot verminderde bewerking, want dit maak die grond los, werk plantmateriaal in en skep ’n ferm, gelyke, weerbestande saadbed met net een bewerking.

Dit is beskikbaar met werkwydtes van 3 tot 8 meter en bestaan uit ’n stewige sleepraam met:
• Twee rye gehapte skottels van 680 mm
• Twee rye TerraGrip-tande met Mulch Mix-skare
• ’n Stel toemaak-/gelykmaakskottels
• ’n Welbewese groot Horsch-bandtrapperroller.

Maestro-planters
Terratill se meesterlike Horsch Maestroplanters plant mielies, soja, sonneblom en kanola pit vir pit perfek en is in twee modelle beskikbaar: Die Maestro CC is ’n agtryplanter met ryspasies van 45 tot 90 cm en ’n saadkas van 70 liter aan elke plantereenheid. Kunsmis word toegedien uit ’n tenk van 2 800 liter.

Die groter Maestro SW is beskikbaar in modelle wat 12, 16 of 24 rye van 75 tot 90 cm kan plant. Hy het ’n tenk wat 2 000 liter saad en 7 000 liter kunsmis kan hou. Met sy SOD-tegnologie (Seed on Demand), word saad deurlopend vanaf die sentrale tenk na die plantereenhede se saadafmeters gestuur. Elke saadafmeter het sy eie elektriese aandryfmotor vir gladde, akkurate werkverrigting.
• Plant 90 000 pitte per hektaar perfek teen tot 15 kmu
• Gleufi es in die plate voer die saad na die saadpyp sonder om te spring
• Sensors in saadpype verseker perfekte plasing
• Elke plantereenheid het sy eie rekenaar en sensorstelsel.

Focus TD strookbewerkerplanterkombinasie
Die Focus is die hoogtepunt in bewaringsbewerking vir presisieboerdery. Hy skuif plantreste weg, maak stroke grond los, plaas kunsmis op een of twee plekke na behoefte en plant, alles in een flinke beweging. Boonop kan jy sy mielieplanterbalk met sy agt plantereenhede woerts-warts met ’n koringbalk vervang om sowat 5,6 meter wyd te plant.
horsch FocusFocus
Die tenk van 5 000 liter is in ’n verhouding van 70:30 vir kunsmis en saad verdeel, maar die hele tenk kan vir kunsmis gebruik word as jy mielies plant.

Praat met Sieghard von Pannwitz 079-997-8938 of sieghardvp@terratill.co.za; of met Sarel Haasbroek 082-454-7410 of sarelh@terratill.co.za.
 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0