Categories: Artikels, VeilingsPublished On: 19th May 2025

FIRNA hou suksesvolle veiling: Gehalte diere deurslag vir goeie verkope

By 1 min read
174 words

1

FIRNA het ‘n baie suksesvolle veiling op 6 Mei 2025 gehou gegewe die huidige ekonomiese klimaat en marktoestande. Uys van Zyl wat FIRNA se beeskudde bestuur sê: “Ons is regtig baie tevrede met die afloop van die dag en dit was lekker om die gehalte beeste wat op die dag aangebied was te sien. Vir nou en in hierdie omstandighede is ons baie dankbaar. Die beeste was rustig en het mooi vertoon in die nuwe veilingslokaal waar ons die veiling gehou het,” voeg hy by.

Uys meen dat hulle ook goeie vooruitsigte het met die nuwe veilingslokaal, dat daar ook ‘n moontlikheid is om nou twee maal per jaar veiling te hou. “Ons hoop om November weer so suksesvolle veiling te hê,” sê Uys.

Vir die FINRA-groep was dit lekker om te hoor dat kopers tevrede by die veiling weggestap het. Kopers kon kry wat hulle gesoek het en die 3-in-1 (koeie met kalwers) was veral gewild omrede die kalwers weer vinnig herverkoop kan word. Die hoogste prys behaal vir 3-in-1 was R29 000.

Veilingsuitslae:

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0