Categories: VeilingsPublished On: 24th August 2026

André Hugenoot se 25ste produksieveiling lewe uitstekende resultate

By 2 min read
358 words

DSC_0314

Die hoëgehalte-genetika, uitstekende vrugbaarheid en hoë produksie van die Hugenoot-ras het weer koning gekraai tydens die 25ste produksieveiling van André Hugenoot en gasverkopers, wat op 20 Augustus by die veilingskrale in Naboomspruit gehou is. Kopers kon kies uit die heel beste diere, die resultaat van 25 jaar se toegewyde en geharde teeling.

Die ras staan bekend vir:

  • Uitstekende moedereienskappe, maklike kalwing, hoë vrugbaarheid en goeie melkproduksie
  • Aanpasbaarheid, uitstekende prestasie onder uiteenlopende klimaats- en veldtoestande
  • Bourvorm en geaardheid, sterk beenstruktuur, funksionele bouvorm en ’n rustige temperament
  • Veelsydigheid, betroubare prestasie in beide stoet- en kommersiële kuddes

Met hierdie sterk eienskappe as fondament het André Hugenoot Stoet, YARI Hugenoot Stoet, AAA Hugenote en J3 Hugenoot Stoet van hul topdiere aangebied. Die veiling het ’n totale omset van R1 370 000 behaal.

Veilingshoogtepunte en gemiddelde pryse

  • Bulle: Lot 6 van André Hugenoot Stoet was die duurste bul en is vir R67 500 aan Swanepoel Boerdery van Dendron verkoop. Nog 17 bulle is verkoop teen ’n gemiddelde prys van R43 944.
  • Koeie met kalwers: André Hugenoot Stoet het die duurste koei met ’n kalf opgelewer, wat vir R20 000 aan A Olivier verkoop is. Die res van hierdie klas (11 diere) het ’n gemiddeld van R16 708 behaal.
  • Dragtige koeie: Uit die sewe dragtige koeie wat aangebied is, het ’n koei van YARI Stoet die hoogste prys van R16 500 behaal (ook gekoop deur A Olivier). Die klasgemiddeld was R15 286.
  • Verse: AAA Hugenote het die duurste vers van die veiling opgelewer, wat vir R15 000 aan Bauba Resources Management and Suppliers verkoop is. Die oorblywende 12 verse het ’n gemiddeld van R11 731 behaal.
  • Koeie: Die duurste koei het uit die YARI Stoet gekom en is vir R13 500 aan HP van der Walt verkoop. Die ander nege koeie het ’n gemiddeld van R11 900 behaal.

André Hugenoot en gasverkopers spreek hul opregte dankbaarheid uit: “Namens die De Bruyns wil ons graag almal opreg bedank vir julle insette, harde werk en die uitstekende reëlings rondom die veiling. Die veiling was ’n groot sukses en ons is baie dankbaar vir elkeen se bydrae en ondersteuning. Ons sien daarna uit om volgende jaar weer saam met julle te werk en nóg ’n suksesvolle veiling aan te bied.”

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0