Categories: NuusPublished On: 22nd November 2018

Bokhaarmark versterk

By 1 min read
173 words

Angora+Goat

Die sybokhaarmark het goed presteer op die voorlaaste veiling van die winterverkoopseisoen 2018. Ten spyte van die sterker Rand het die gemiddelde markaanwyser met 1,5% gestyg om op R290,47/kg te sluit. Die Rand het teen R14,08 teen die Amerikaanse Dollar verhandel en R16,07 teen die Euro. Die Rand het 1,0% teenoor die Amerikaanse Dollar versterk en 0,9% teenoor die Euro in vergeleke met die gemiddelde koers op die vorige veiling.

Goeie kompetisie is van al die kopershuise ontvang, veral op die kleinbokkie en jongbokhaar segment van die aanbieding. Die pryse van veral kort sterk grootbokhaar het onder druk gekom, terwyl lang sterk grootbokhaar en fyn grootbokhaar in verkopersguns gesluit het.

Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het met 3,2% gestyg om op R417,05/kg te sluit. Die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar het 3,2% duurder gesluit op R328,87/kg. Die gemiddelde aanwyser van fyn grootbokhaar het met 1,6% gestyg om op R302,14/kg te sluit, terwyl die gemiddelde aanwyser van sterk grootbokhaar onveranderd op R286,51/kg gesluit het.

Die volgende veiling van die 2018 winter verkoopseisoen sal op 4 Desember 2018 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NewsPublished On: 13th April 2017

Bokhaarmark versterk

By 1 min read
108 words

Angora+Goat

Op die vierde veiling van die somer verkoopseisoen het die beter kwaliteit aanbieding goeie kompetisie van al die kopers ontlok. Die Rand het met 6,2% teenoor die Amerikaanse Doller verswak in vergeleke met die vorige veiling en teen R13,80 verhandel.

Bokhaar pryse het gebaat by die verswakking van die Rand en die gemiddelde markaanwyser was 4,3% duurder om op R192,69/kg te eindig. Die gemiddelde prys vir kleinbokkiehaar het met 3,8% gestyg tot R291,76/kg terwyl jongbokhaar 2,6% duurder teen R224,34/kg verkoop is. Fyn grootbokhaar pryse was 3,3% duurder op R200,87/kg terwyl sterk grootbokhaar 2,5% hoër gesluit het teen R181,85/kg.

Die volgende BKB Bokhaarveiling sal op 9 Mei 2017 plaasvind.

Bron: BKB

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top