Trekkerverkope daal met 9% in 2026

Overall
Trekkerverkope in suidelike Afrika van 623 eenhede in September is 18% minder as die 758 eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou ongeveer 9% minder as verkope verlede jaar. Twaalf stropers is in September verkoop, vier meer as die agt eenhede wat verlede September verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou ongeveer 1% meer as verkope verlede jaar.
Aan die begin van die somergewasseisoen staan boere én die bedryf vir landboumasjinerie voor nog ’n tydperk vol uitdagings. Insetkoste en weersvooruitsigte is nie op dié stadium baie gunstig nie. Mieliepryse het gedurende onlangse weke opwaarts beweeg, maar oor die algemeen is daar ’n gevoel van omsigtigheid binne die landboubedryf. Die meeste boere kanaliseer finansiële hulpbronne in die rigting van die gewasseisoen wat voorlê, eerder as om te investeer in of om landboumasjinerie te vervang. Ten opsigte van landboumasjinerie bly dit egter steeds ’n kopersmark.
Alle huidige omstandighede in ag genome, bly ramings dat trekkerverkope vir die 2026-kalenderjaar ongeveer 10% minder sal wees as verkope in 2025.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie