Bokhaarmark onveranderd

Angora+Goat
Die sybokhaarmark het onveranderd gesluit op die voorlaaste veiling van die 2018 somer verkoopseisoen. Die mark was goed ondersteun deur die top gehalte Zegna en Miyuki skeersels, veral die kleinbokkiehaar, wat aangebied was.
Hierdie skeersels het goeie kompetisie van al die kopershuise ontlok. Die Rand het met 0,4% teenoor die Amerikaanse Dollar verswak verhandel teen R12,59.
Die gemiddelde markaanwyser het onveranderd gesluit op R280,57/kg terwyl die gemiddelde pryse van kleinbokhaar met 3,3% gestyg het en teen R411,18/kg verhandel het. Gemiddelde pryse van jongbokhaar het onveranderd gesluit op R316,54/kg. Gemiddelde pryse van fyn en sterk grootbokhaar het ook onveranderd gesluit op R287,85/kg en R275,08/kg, onderskeidelik.
Die volgende veiling van die 2018 somer verkoopseisoen sal op 26 Junie 2018 plaasvind.
Bron: BKB