Categories: NuusPublished On: 30th September 2026

Grootste mielie-oes op rekord nog!

By 3 min read
648 words

LumiGEN Maize – GEEN CAPTION MAG GEBRUIK WORD OP DIE FOTO NIE ASB

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 17,523 milj. ton gestel, wat 0,70% of 121 000 ton meer is as die vorige skatting van 17,402 milj. ton. Dit is die grootste mielie-oes op rekord. Die verwagte gemiddelde opbrengs is 6,43 t/ha.

Die geskatte mielie-oes is 4,77% of 797 840 ton meer as die 2025-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 82% van die 2026-oes produseer.

Die produksieskatting van witmielies is 9,609 milj. ton, wat 1,28% of 121 000 ton meer is as die 9,488 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,675 milj. ha en die verwagte gemiddelde opbrengs is 5,74 t/ha.

Die produksieskatting vir geelmielies is onveranderd gelaat op 7,914 milj. ton. Die oppervlakteskatting is 1,050 milj. ha, met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs van 7,54 t/ha.

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 874 805 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 570 100 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,53 t/ha is.

Ander gewasse: Die produksieskatting vir sojabone is ook onveranderd gelaat op 3,010 milj. ton. Dit is die grootste sojaboonoes wat nog aangeteken is. Die beraamde oppervlakte onder sojabone is 1 213 milj. ha, met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs van 2,48 t/ha.

Die verwagte grondboon-oes is verhoog na 65 620 ton, wat ’n toename van 4,90% of 3 068 ton verteenwoordig teenoor die vorige skatting van 62 553 ton. Die oppervlakteskatting vir grondbone is 44 650 ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,47 t/ha.

Die produksieskatting van sorghum is 123 325 ton, wat 10,79% of 14 923 ton minder is as die vorige skatting van 138 248 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is verminder met 5 000 ha na 40 000 ha, en die verwagte opbrengs is 3,08 t/ha.

Die produksieskatting vir droëbone het effens toegeneem na 80 695 ton, wat 1,95% of 1 540 ton meer is as die vorige skatting van 79 155 ton. Die beraamde oppervlakte onder droëbone is 38 520 ha, met ‘n verwagte gemiddelde opbrengs van 2,09 t/ha.

NIE-KOMMERSIëLE MIELIES – OPPERVLAKTE- EN PRODUKSIESKATTING: 2026

Die voorlopige oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 397 170 ha, wat ’n toename van 10,94% verteenwoordig in vergelyking met die 358 000 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 695 025 ton, wat 11,83% meer is as die 621 500 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 36,96% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur Limpopo met 31,00% en dan KwaZulu-Natal met 21,90%.

Wintergewasse – 2026 produksie-seisoen

Koring: Die verwagte produksie vir koring is 1,806 milj. ton, wat 2,45 % of 43 200 ton meer is as die vorige skatting van 1,762 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,70 t/ha is.

Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 874 500 ton (48%), onveranderd van die vorige skatting. In die Noord-Kaap is die beraamde produksie 288 000 ton (16%) – ook dieselfde as die vorige skatting. In die Vrystaat is die verwagte produksie 300 800ton (17%), wat 43 200 ton meer is as die vorige skatting van 257 600 ton.

Die oppervlakteskatting vir koring is opwaarts hersien na 487 550 ha, wat 8 000 ha meer is as die 479 500 ha van die vorige skatting. ’n Geskatte 330 000 ha of 68 % is in die Wes-Kaap aangeplant, 64 000 ha of 13 % in die Vrystaat en 40 000 ha of 8 % in die Noord-Kaap.

Die skatting van die oppervlakte beplant in die Wes-Kaap en Vrystsaat is hoofsaaklik gebaseer op inligting wat verkry is vanaf die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”), soos deur die Nasionale Oesskattingskonsortium uitgevoer.

Ander gewasse: Die produksieskatting vir gars is 414 640 ton, onveranderd van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant word beraam op 105 320 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,94 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is 377 770 ton, ook onveranderd van die vorige skatting. Dit is die grootste kanola-oes op rekord. Die hersiene oppervlakteskatting vir kanola is 197 890 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,91 t/ha.

Die verwagte oes vir hawer vir die 2026-seisoen is 55 850 ton en die oppervlakteskatting is 40 800 ha. Die verwagte opbrengs is 1,37 t/ha.

In die geval van soetlupine is die produksieskatting 18 000 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 20 000 ha, en die verwagte opbrengs is 0,90 t/ha.

Neem asseblief kennis dat die negende produksieskatting vir somergewasse vir 2026 en die derde produksieskatting vir wintergewasse op 27 Oktober 2026 vrygestel sal word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0