Categories: Articles, Artikels, VeilingsPublished On: 18th January 2024

Blouberg Aanteelveiling kyk na die toekoms op 30ste verjaardag

By 4 min read
679 words

DSC_0637

Sedert die bestaan van Blouberg Aanteelveiling in Januarie 1994 het lede die strewe na gehalte en goeie genetika van beeste met sterk raskenmerke nagestreef. Hierdie is nie net die grondslag van elke lid se boerdery nie, maar ook die resultaat wat jaarliks op die veiling aangebied word. Nou, na dertig jaar, kyk dié boere uit die Vivo-omgewing trots na wat hulle bereik het en rig hulle fokus op die toekoms.

Blouberg Aanteelveiling is nie sommer net ‘n paar boere wat saam kom en besluit vandag hou ons veiling nie. Nee, dit is ‘n proses wat jaar na jaar, dag na dag toegepas word deur toegewyde boere om te verseker die beste diere uit elke kudde word op aanbod geplaas vir ander beesliefhebbers.

“As voorsitter is dit my doelwit om te vra: hoe gaan ons volhoubaar bly?” sê Arthur Blofield, voorsitter vir die afgelope 8 jaar van Blouberg Aanteelveiling. “Meer spesifiek, hoe verseker ons die veilingsgroep se voortbestaan?” brei hy uit.  “Wat dit lekker maak is dat jong boere inkom wat nuwe denke, tegnologie en idees na vore bring. Hierdie is entoesiastiese jong boere wat die aflosstokkie kan oorneem wanneer dit nodig raak.

“Ons – die stigtersgenerasie – wil graag sien hoe die veiling groei in die hande van die volgende generasie, daarom is dit belangrik dat ons verseker die regte fondasie is reeds vir hulle gelê.”

Daar’s niks soos moedersmelk! Geselekteerde koeie met kalwers soos hierdie fris kalfie en sorgsame koei sal beskikbaar wees tydens die veiling.

‘n Gesonde kudde bou ‘n gesonde veiling (en inkomste)

“Ons algehele doelwit is om voortdurend te verbeter,” noem Arthur. “Gesondheid is vir ons ‘n belangrike fokuspunt. Ons doen alles in ons vermoë om alle siektes proaktief te beheer en die drie siektes waarna ons steng kyk vir die veiling is Tuberkulose-(TB), Brusellose (BM) en Bek-en-klouseer-vrye status.” Dit is nie menslik moontlik om alle gesondheids aspekte en faktore te waarborg nie maar ons poog sterk om tot 3 maande na die veiling ‘n naverkoops diens binne alle redelikheid te lewer.

Een manier hoe lede van die Blouberg Aanteelveiling die gesondheid van elke bees verseker is om nou saam met hul veeartse te werk. “Hulle is toenemend meer betrokke by die kuddes, omrede kudde gesondheids sertifikate tans meer en meer van belang is juis om beide die koper en die verkoper te beskerm,” verduidelik hy.

Verskeie gesondheids maatreëls word getref, naamlik bloedtoetse, gereëlde skedewasse, visuele inspeksies en inentingsprogramme. Dit is ‘n groot belegging, maar wel een wat sy waarde toon tydens die aanteelveiling.

“Blouberg Aanteelveiling se lede kan net dankie sê aan al die veeartse se bystand en voorbereiding van die kuddes vir die 2024 veiling,” sluit hy af.

Gesondheid is ‘n groot fokuspunt vir lede van die Blouberg Aanteelveiling.

Merk die datum!

Ongeveer 500 kommersiële diere sal beskikbaar wees op die dertigste (30ste) agter een volgende jaar veiling. Kopers kan uitsien na beide Bonsmara- en Bovelder beeste wat die ring sal betree. Dit sluit in koeie met kalwers wat (3:1) insluit, trio verse, dragtige verse, oop verse en die veiling word afgesluit met dragtige koeie.

Die beeste is streng geselekteer en gekeur uit verskeie kuddes. Deelnemende lede van hierdie jaar se veiling is:

Verkopers

  • Arthur Blofield t/a AB Boerdery
  • Dr Johan Venter en JD Venter van JD Venter Bonsmaras
  • Etienne van Staden en Evert van Staden van Neustadt Boerdery
  • Human du Preez van Uitdraai Boerdery
  • Japie van der Goot van VDG Beesboerdery
  • Johan Venter en Dian Venter van Môrester Boerdery
  • Pieter Hoogenboezem en Shaun Vlieland Boerdery
  • Rickus Bothma
  • Schalk van der Watt
  • Stephen Fick van Kalkoven Boerdery
  • Wouter van Amstel van Wouter van Amstel Boerdery

Gasverkoper

  • Mynhardt Botha van JMB Bonsmaras en Botha Bonsmaras
  • Piet Voster/Freek Gouws en Zivoscene Pty Ltd

Die veiling vind plaas in Vivo by die Vivo Boerevereniging veilings krale op die 8ste Februarie 2024. Dit begin om 11:00.

Attie Diedericks: (+27)83-326-9080
Lee-Anne Van Aarde: (+27)76-680-3096

9 Marmer Street, Magna Via Ext 1, Polokwane, 0699 Tel: (+27)15-298-8731

 

Mariette Muller: (+27)71-872-5499

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0