Categories: Artikels, GewasproduksiePublished On: 29th September 2025

Vir die beste opbrengs en diens, koop Limagrain se kultivars

By 2 min read
304 words

lima

Die Limagrain Field Seeds stalletjie by NAMPO Kaap 2025.

Limagrain is bekend vir staatmaker kultivars en uitstekende diens, met 60 jaar se kennis agter die rug kan jy verseker wees dat die Limagrain span die pad saam met jou stap. By NAMPO Kaap hierdie jaar het hulle bietjie met die Wes-Kaap boere oor hulle koring kultivars gesels. 

“LG Ancia is ons topverkoper op die oomblik. Dit is ‘n kortgroeier, het hoë opbrengspotensiaal, uitstekende staanvermoë en ‘n goeie siektepakket. Die kultivar word voorgestel vir alle gebiede in die Wes-Kaap se droëland winter reënvalstreke,” sê Stephan De Wet, verkoopsverteenwoordiger vir Limagrain Suid-Afrika in die Swartland.

Die manne van Limagrain by NAMPO Kaap was gereed om met al die boere te gesels oor hulle uitstekende kultivars.

Daar is ook twee nuwe kultivars in die pyplyn vir Limagrain – LG Fisant (mediumgroeier) en LG Albatros (kortgroeier).

“Dis belangrik vir ons om by NAMPO Kaap te wees en terugvoer van die boere af te kry. Ons wil hoor wat hulle van ons kultivars dink, waarna hulle op soek is en waarvan hulle hou. Dit is juis hoekom ons ons sterk tegniese span saamgebring het – om boere te help en na hulle te luister,” voeg hy by.

Dirk Coetzee, Limagrain se voerportefeuljebestuurder het ook meer vertel oor Limagrain se voergewasse wat lusern-, hooi- en kuilvoerkultivars insluit.  “Ons het ‘n meerjarige weidingsgras, Rockstar wat van 2026 beskikbaar sal wees. Jy kan hom van Maart tot Mei onder besproeiing plant vir weiding wat regdeur die jaar presteer.”

Die kultivar het ‘n hoë opbrengs, uitstekende gehalte en uitmuntende siekteweerstand.

Fanie Mering, Limagrain se streekbestuurder in die Wes- en Oos-Kaap, sê ook dat Limagrain reeds besig is om te werk aan kanola kultivars.

Besoek gerus hulle webwerf by www.lgseeds.co.za om die bemarker in jou gebied se besonderhede te kry of e-pos: lgsainfo@limagrain.com vir meer inligting oor hulle reeks kultivars.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1