VIDEO: ‘n Vinnige kykie na wat die nuwe Steiger 715 Quadtrac kan doen

Case IH Steiger 715 Quadtrac tractor_DEMO_TN reg
Leer ken die Steiger 715-trekker in die veld en hoe die trekker jou boerdery vorentoe kan vat.
Die Steiger 715 Quadtrac is nou die vlagskip van die bekende Steiger-reeks en spog met ’n verstommende krag van 533 kW met ’n piekvermoë van 580 kW, of dan tussen 715 en 778 perdekrag. In sy hart klop die 16-liter FPT Cursor 16-enjin wat tot 3 356 Nm wringkrag teen net 1 400 rpm lewer, en dit met indrukwekkende brandstofdoeltreffendheid en betroubaarheid.
Kyk na die video hieronder: