Categories: Meganisasie Videos, Video's, VideosPublished On: 21st August 2025

VIDEO: Massey-trekkers spog met minder brandstofverbruik by Arlington Boeredag

By 1 min read
151 words

AGCO Arlington TN (1)mssey

Die Arlington Boeredag wat plaasgevind het op 23 Julie 2025, het gewys dat nie eens nat weer ՚n boer se belangstelling in tegnologie kan demp nie. Besoekers kon egter steeds die trekkers in aksie sien, en verteenwoordigers het waardevolle insig gedeel oor die tegnologie agter elke model.

Vanuit die AGCO-stal het daar indrukwekkende Massey trekkers die groep verteenwoordig naamlik die Massey Ferguson se MF 8732 S, MF 8S.265, en MF 7S.180. Wimpie Nel van OVK Bethlehem het die besonderse eienskappe van elk van hierdie modelle uitgewys.

Die MF 8732 S is deel van Massey Ferguson se 8700 S-reeks, en bied 238 kW met ՚n maksimum wringkrag van 1 280 Nm.

Die MF 8S.265 het ‘n 7,4-liter AGCO Power-enjin wat 197 kW lewer, met ՚n EPM-kragverhoging tot 212 kW indien nodig.

Die MF 7S.180 lewer 135 kW en is gemik op boere wat hoë werkverrigting soek in kleiner trekker modelle.

Kyk die video vir meer inligting:

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0