VIDEO: Maak reg vir FIRNA se jaarlikse aanteelveiling

Untitled
FIRNA se jaarlikse aanteelveiling is om die draai!
Kom keur en kies uit topgehalte diere op Dinsdag, 6 Mei 2025 om 11:00 op die plaas Harcourt in Tosca. Daar sal 250 diere aangebied word – insluitend Simbra, Simmentaler en ’n unieke lyn suiwer Bonsmaras.
FIRNA is ’n gevestigde familieboerdery met ’n passie vir genetiese vooruitgang, en hulle diere is bekend vir uitstekende vrugbaarheid, groeivermoë en aanpasbaarheid. Dié veiling is ’n gulde geleentheid vir elke beesboer wat prestasie en gehalte eerste stel.
Kontak vir meer inligting: Uys van Zyl: 079 767 3377 | cattle@firna.co.za, Michiel Engelbrecht: 083 028 1224, Dewald Marais: 082 853 3430.