Hoëgehalte Bonsmaras behaal uitstekende pryse op Sernick-produksieveiling

sernick 1
Sernick Bonsmara se 48ste produksieveiling was weereens ’n hoogtepunt vir Bonsmara-telers op soek na uitsonderlike diere. Dié opwindende geleentheid het op Vrydag 4 September by Sernick, Liebenbergstroom (Edenville/Edenvale) in die Vrystaat plaasgevind.
Sernick is veral trots daarop dat daar ’n nalatenskap agter elke dier op die veiling lê: ’n stamboom wat getuig van jare se toewyding, deeglike seleksie en ’n onwrikbare visie.
Altesaam 410 Bonsmaras was op die dag aangebied wat boere gevolglik in staat gestel het om die dier te kry wat perfek by hul stoet sal pas.
Verskeie Bonsmaras het uitstekende pryse behaal en is ’n pluimpie in die telers wat hulle gekoop het se hoed:
- Lot 4 NFS 23 321: Dié indrukwekkende stoetbul is aanlyn vir R280 000 verkoop.
- Lot 68A NFS 23 094: Hierdie pragtige 3-in-1-stoetkoei is vir R70 000 verkoop.
- Lot 110A NFS 24 191: ’n Gelukkige teler het hierdie dragtige stoetvers vir R52 000 aangeskaf.
Namens die Sernick Bonsmara stoet wil hulle al die kopers wat teenwoordig was en die aanlyn kopers bedank vir almal se bydrae.
Nogmaals geluk aan die Sernick Bonsmara-span met ’n besonder suksesvolle 48ste produksieveiling.

