VIDEO: Ermelo Hooidag 2026 terugblik | Moderne hooimaaktoerusting in aksie

Ermelo Hooidag_TN (1)
Die Ermelo Hooidag 2026 het weer eens bewys waarom hierdie geleentheid ’n hoogtepunt op die Hoëveld boere se landboukalender is.
Boere, verskeie uitstallers, verskaffers en landboukundiges het bymekaargekom om die nuutste hooimaak-toerusting onder werklike veldtoestande te beleef.
Van sny en hark tot baal en toedraai – moderne tegnologie is in aksie gewys en praktiese oplossings vir doeltreffende voerproduksie is gedeel.
Kyk die video om al die hoogtepunte van die dag in aksie te sien.