VIDEO: Case IH en NMI skitter by Balfour Hooidag 2025

Case IH Balfour Hooidag
Balfour Hooidag 2025 het boere, landboukundiges en vervaardigers bymekaar gebring om die jongste tegnologie en toerusting in aksie te sien.
André Olwagen, produkportefeuljebestuurder by Case IH, het die dag afgeskop deur te beklemtoon hoe belangrik tegnologie vir moderne landbou is. Volgens André staan boere voor die uitdaging om meer voedsel te produseer met dieselfde hoeveelheid grond. Dit is hier waar tegnol
ogie ‘n sleutelrol speel, veral wat betref die benutting van data en gevorderde masjinerie.
Besoek die Case IH webtuiste by www.caseih.co.za asook die NMI webtuiste by www.northmecimp.co.za.