Categories: Artikels, Vee en WildPublished On: 6th December 2024

Vetvee maak skoonskip op Doornpan vetveeveiling

By 1 min read
163 words

IMG-20241101-WA0031

In die warm bosveldson op 4 Desember 2024, het die Vlakte Bonsmara Studiegroep, saam met verskeie gasverkopers wat ingesluit het Nu-Alcade Bonsmaras, Sebadja Bonsmaras, Sampada Agri en meer, hulle jaarlikse vetveeveiling op plaas Doornpan, Roedtan, aangebied.

Op aanbod was 1 250 beeste wat onder meer ingesluit het 530 supers, 100 speenverse, 350 speenkalwers/tollies, 200 C-grade, 70 AB/B grade en 10 slagbulle wat gesorg vir genoeg opwinding onder telers en kopers.

Die veiling was aangebied deur Vleissentraal Bosveld met afslaer Stefan Greyling wat hulleself weer uitstekend van hulle taak gekwyt het. Die veiling was ook aanlyn deur SwiftVee aangebied.

Hier is die resultate:

‘n Spesiale dank word uitgespreek aan alle getroue kopers, telers en die nuwe kopers wat die geleentheid bygewoon het en die vetveeveiling ‘n sukses gemaak het.

Besoek die Vlakte-groep se webwerf by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ om op hoogte te bly van alle komende veilings en inligting, of kontak vir Hendrik van der Walt by (+27)83-628-9301 of HP van der Walt by (+27)81-011-2049 vir enige navrae.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0