Categories: NuusPublished On: 17th September 2018

Trekkerverkope daal

By 1 min read
188 words
tractors

trekker

Trekkerverkope van 487 eenhede in Augustus is aansienlik (byna 18%) minder as die 591 eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope (vir die eerste agt maande van die jaar) steeds byna 7% hoër as verkope verlede jaar.

Stroperverkope van nege eenhede is drie eenhede minder as die twaalf eenhede wat verlede Augustus verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou ongeveer 7% laer as verkope verlede jaar.

Verskeie faktore het bygedra tot dié afname in die mark. Die faktore sluit onder andere die volgende in: die laat mielie-oes, kontantvloeikommer onder boere, probleme met bankfinansiering en politieke onsekerhede. Ongeag die laer verkope is die gevoel binne die landboumasjineriebedryf  oor die korttermyn steeds redelik optimisties. Sodra boere klaar hulle somergewasse geoes het en beplanning vir die nuwe seisoen begin, sal boere kyk na die aankoop van nuwe toerusting, veral omdat die onlangse swak waarde van die rand uiteindelik, later in die jaar, sal lei tot hoër pryse vir toerusting.

Ramings in die bedryf vir die 2018-kalenderjaar bly teen ʼn vlak van tussen 6 750 tot 7 000 eenhede, of tussen 5 en 10% hoër as verkope in 2017.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: NewsPublished On: 11th February 2016

Trekkerverkope daal

By 1 min read
127 words
tractors

trekker

Die droogte het moontlik ‘n invloed op trekkerverkope in Suid-Afrika. Dit was 4% laer in Januarie 2016 as die vorige jaar. In Januarie 2015 is daar 555 eenhede verkoop en hierdie jaar 535 eenhede.

Vir die twaalf maande tot einde Januarie, is trekkerverkope nou byna 11% laer as verkope vir die vorige ooreenstemmende twaalf maande.   Stroperverkope het verrassend gestyg vanaf laasjaar Januarie (ses eenhede) tot hierdie jaar Januarie (16 eenhede), maar is steeds laer teenoor die vorige twaalf maande met 30%.

Boere wat nog in die posisie is om te koop, koop voorraad teen ouer pryse. Die voorraad sal oor ‘n maand uitverkoop wees en daarna sal die pryse baie styg. Met die prysstyging sal die verkope weer verminder.

Volgens verwagtinge sal trekkerverkope met 10% tot 15% laer wees in 2016 as die vorige jaar.

Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerie-assosiasie

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top