Top Bonsmara-bul verkoop vir R560 000 by die Vlakte Bonsmara studiegroep se 13de Bulveiling

311583983_578776084054407_436082979645530693_n
Lot 10, LFR 19-0101 van Leon Riekert en Seuns is verkoop vir R 560 000, aan Up George Farms en Essakov Bonsmaras.
Vleissentraal Bosveld het die 21ste Oktober 2022 die jaarlikse Vlakte Bonsmara bulveiling op die plaas Doornpan, te Roedtan aangebied. Talle nuwe en ou gesigte is by die veiling opgemerk asook getroue borge wat die veiling ondersteun het. Mike Killassy was die afslaer vir dié veiling.
‘n Belangrike beginsel vir die Vlakte Bonsmara studiegroep, is die streng seleksie metodes wat deurlopend toegepas word. Die Vlakte-groep bied slegs top-gehalte diere op elke veiling aan. Die veiling was weereens ‘n groot sukses, waar daar top diere onder die hamer gekom het!
“Ons is baie trots op wat ons jaar na jaar op die veilings aanbied en ons is trots op ons diere. Die aantal kopers wat terugkom en waarmee verhoudinge gebou word, is deel van ons suksesverhaal. Dit is vir ons belangrik dat dit nie net ‘n dag vir die verkopers en kopers is nie, maar ook ‘n familie en gesinsdag waar almal welkom voel,” sê Kobus du Toit, voorsitter van die Vlakte Bonsmara studiegroep.

“Ek wil graag almal bedank wat ‘n aandeel in die suksesvolle veiling gehad het. Dankie aan die lede van die Vlakte-groep en dankie ook aan elke koper en die borge wat die dag so groot sukses gemaak het. Ons nooi julle uit na ons volgende vetvee veiling wat Desember plaasvind en die volgende produksieveiling Mei 2023,” sluit Kobus af.
48 Geregistreerde bulle en 230 stoet- en kommersiële vroulike diere was aangebied op die veiling.
Hiermee ‘n volledige uiteensetting van die gemiddelde pryse behaal tydens die veiling: