Riglyne vir SA Stamboek se Ram Inname & Groei Toetse

Stamboek
RIGLYNE VIR RAM VOERINNAME & GROEITOETSE
- DOEL
Groeitoetse en voerinname het dit ten doel om die genetiese potensiaal vir groei en voerdoeltreffendheid van ramme wetenskaplik so akkuraat as moontlik onder realistiese kommersiële toestande en volgens Suid-Afrikaanse produksie sisteme te bepaal. Diere moet verkieslik geëvalueer word onder dieselfde toestande as waar die nageslag binne hul produksie-sisteem moet presteer.
Ramgroeitoetse dien ook terselfdertyd as ‘n gekontroleerde grootmaakproses van jong ramme.
- TIPE EVALUASIES
- Plaas ramgroeitoets (ekstensief ,semi intensief)
- Enkel of veelkudde toets (meer as 1 teler)
- Ramgroeitoets met voerinnames (Voerdoeltreffendheid bepaling van individuele diere)
- Met elektroniese toestel of in individuele hokke
- VERLOOP VAN GROEITOETS
Ramme ondergaan ‘n aanpassingsperiode voor die groeitoets begin. Vir voerdoeltreffendheid bepaling gedurende die groeitoets word voerinnames by ‘n elektroniese toetsstasie aangeteken, of elke ram se voerinname kan individueel in sy eie hokkie bepaal word. Meer as een teler se diere kan saam geëvalueer word. Vir sinvolle resultate, moet ramme met min of meer dieselfde ouderdom en gewig wat met mekaar vergelyk word. Na afloop van die evaluasie kan ‘n objektiewe seleksie maatstaf verkry word en hul genetiese potensiaal volgens wetenskaplike gefundeerde teelwaardes en indekse beraam word, waarvolgens telers ramme op genetiese meriete kan selekteer.
- DEELNAME
‘n Teler moet ‘n ingeskrewe opbetaalde lid van sy betrokke Skaaptelersgenootskap en S.A. Stamboek wees.
- RAMVEREISTES
- ‘n Volledige lys van alle diere met ’n geboortekennisgewing, volledige identifikasie, asook met geboortedatums en betrokke gewigte moet aangeteken wees op Logix. Die geboorte- en grootmaakstatus van die lammers moet ook aangedui word.
- Speengewigte moet voor die aanvang van die toets ingedien wees (LOGIX elektronies, plaassagteware program of die papier formaat) by SA Stamboek.
- Ramme moet voor inname volgens rasstandaarde gekeur word deur teler.
- Ramme moet behandel wees vir inwendige en uitwendige parasiete.
- Ramme moet verkieslik voor inname geïmmuniseer wees teen bloednier en pasteurella.
- Ramme met absesse, vuilbek, sweerklou, omlope, vrotpootjie of enige sigbare siekte sal nie aanvaar word nie.
- Ouderdom by aankoms: ± 2 – 5 maande (60 – 150 dae) Nadat gespeen is .
- Ouderdomsverskil: Minder as 2 maande (60 dae) Verkieslik dieselfde speengroep
- Gewigsverskil by aankoms: Ramme moet minder as 15 kg in gewig verskil by enkelkuddeevaluasie en minder as 12 kg by ‘n veelkudde-evaluasie.
- Groepgrootte: so groot as moontlik, met ‘n minimum van 15 ramme en verkieslik lammers van meer as een ram, asook meer as een nageslag van n ram , sodat ramme se nageslag vergelyk kan word.
- Enige ram wat tydens die groeitoets siek of ernstig beseer raak en wat ‘n risiko vir die groep kan inhou, moet onmiddellik uit die groep verwyder word.
- TOETSPROSEDURES EN -VEREISTES
- Die toetsprosedure, voeding en bestuur moet deeglik beplan word om optimale voerdoeltreffendheid en groei te verseker.
- Toetse moet in samewerking met ‘n SA Stamboek Adviseur uitgevoer word as voorwaarde vir die amptelike beskikbaarstelling van prestasiedata en teelwaardes.
- Ramme moet, in samewerking met SA Stamboek in groepe volgens geboortedatum en begin gewigte by aanvang van die toets, ingedeel word.
- Voorbeeld van die aanbevole metode van dier identifikasie:
Stoetnr/KKM + Jaar van geboorte + Volgnommer = ID
5573 + 26 + 0123 = 5573260123
SWV + 26 + 0123 = SWV 260123
- Die rantsoen moet ‘n Ramgroei Rantsoen wees nie ‘n vetmesting of voerkraalrantsoen nie.
- Lengte van aanpassingsperiode: Tussen twee (14 dae) en vier weke (28 dae)
- Toetslengte: 35- 42 dae intensiewe toetse Veld ram toetse kan tot 6 maande duur.
- Ramme moet op ‘n gereelde basis, byvoorbeeld elke week of twee-weekliks (afhangend van die lengte van toets) geweeg word. Daar moet egter minstens ‘n begin- en eindgewig plus nog 3 interm gewigte wees vir verwerking van resultate.
- Gewigstoename: die groep se gewig moet gemiddeld minstens 12 kg vir die toetsperiode toeneem om amptelike erkenning te kan verkry.
- Voerinname van elke ram moet akkuraat aangeteken word. Die totale voerinname moet ook aangeteken word.
- Skrotum omvang kan aan die einde van die toets gemeet word.
- ‘n SA Stamboek Adviseur moet die Ultrasoniese (RTU) skandering behartig (opsionele meting).
- Die SA Stamboek Adviseur laai die data aan die einde van die toets op Logix vir verwerking.
- PLIGTE VAN SA STAMBOEK
- Toesien dat toets op ‘n wetenskaplike manier afgehandel word.
- Stel resultate (indekse, teelwaardes, veilingskatalogusse, ens) beskikbaar na afloop van die toets.
- Bogenoemde diens sal deur SA Stamboek gelewer word aan telers as:
Volledige registrasie- en speen inligting van betrokke diere reg en met aanvang van toets ingestuur is aan SA Stamboek, volledige inligting van ramme vir evaluasie van die teler of bestuurder ontvang is en dienste nie opgeskort is nie.
- KONTAK BESONDERHEDE
Logix webblad:
www.logix.org.za
Elektroniese data:
Produksie meting smallstock@studbook.co.za
Registrasie van geboortes edata@studbook.co.za
Stamboek webblad:
www.studbook.co.za
Stamboek Tel:
051 4100 900 (Herman Labuschagne, Marietjie Delport, Wendy, Nicola of Andrea)
Genetiese analise:
Dr Bernice Mostert bernice@studbook.co.za
Genomiese analiese:
Jason Reding jason@studbook.co,za
- SA STAMBOEK: TEGNIESE ADVISEURS
Nasionaal Herman Labuschagne herman@studbook.co.za 082 495 9764
NK OVS NW Gerdus De Klerk gerdus@studbook.co.za 072 691 3600
OVS Oos-Kaap Johan Venter johan@studbook.co.za 083 231 5164
GT Thalia Brameld thalia@studbook.co.za 071 493 1111
LP GT NW Andries Riekert andries@studbook.co.za 082 465 0671
MP GT Suretha Francis suretha@studbook.co.za 083 584 0814
MP KZN O OVS Kabelo Phaka kabelo@studbook.co.za 076 235 3304
Data Dynamics Siebert Vermeulen siebert@studbook.co.za 082 548 4608
Oos- Wes Kaap Erick Joosten erick@studbook.co.za 082 204 2379