Categories: Vee en rasse, VeilingsPublished On: 28th May 2026

Beefmasters wat die suurveld verstaan: Steinberg se produksieveiling wag

By 3 min read
582 words

658147813_943495461769562_1310067195986043116_n

SS 23-17: Pa: BOS 144170, Ma: BOS 044130.

Die Beefmasterras het oor die jare sy plek in die Suid-Afrikaanse vleisbeesbedryf stewig gevestig as ’n ras wat bekend is vir vrugbaarheid, gehardheid en uitstekende aanpasbaarheid. In uitdagende toestande waar voergehalte, klimaat en winsgewendheid ’n groot rol speel, bly Beefmasters ’n gewilde keuse onder kommersiële én stoettelers. Die ras se vermoë om sterk speenkalwers, goeie groei en mak temperament te kombineer, bied ’n praktiese oplossing vir veeboere wat op prestasie en volhoubaarheid fokus.

Teen hierdie agtergrond het Steinberg Beefmasters oor die jare heen ’n kudde opgebou wat spesifiek aangepas is vir die suurveldtoestande van die Oostelike Hoëveld. Op die plaas Mooiplaas, waar die familie reeds sedert Maart 1890 woon en boer, word daar vandag voortgebou op meer as ’n eeu se landbou-erfenis met ’n fokus op funksionele, winsgewende beeste wat in moeilike toestande kan presteer.

Die geskiedenis agter die SS-brandmerk

Die Steinberg Beefmaster-stoet, met die brandmerk SS, is ontwikkel uit ’n kommersiële kudde wat oor meer as 70 jaar natuurlik vir vrugbaarheid geselekteer is. Sedert 2008 word slegs geregistreerde Beefmaster-bulle gebruik, met die doel om die kudde geneties verder te versterk en uiteindelik topgehalte bulle vir die mark beskikbaar te stel. Die besluit om die kudde in 2012 amptelik te registreer, was ’n belangrike stap in die uitbreiding van die stoet en die ontwikkeling van genetika wat aan die behoeftes van beesboere vandag voldoen.

Met ’n passie vir gehaltediere en ’n oog vir detail, het Steinberg Beefmasters oor die jare heen ’n sterk genetiese basis opgebou wat fokus op vrugbaarheid, vroeë volwassenheid, medium raamgrootte en mak temperament. Hul missie is om Beefmaster-beeste van topgehalte te teel wat aan die veeleisende behoeftes van kommersiële en stoettelers in Suid-Afrika voldoen.

Die fokus bly op volhoubare, winsgewende en geharde beeste wat aangepas is vir Suid-Afrikaanse toestande en wat veeboere kan help om langtermynwaarde in hul kuddes te bou.

Steinberg Beefmasters streef daarna om een van die voorste Beefmaster-stoettelers in Suid-Afrika te wees deur voortdurend genetika te verbeter en diere te teel wat prestasie, gehardheid en aanpasbaarheid toon. Hierdie visie word gedryf deur innovasie, integriteit en ’n passie vir vleisbeesproduksie wat oor geslagte heen opgebou is.

Lot 3 in die ring tydens Steinberg Beefmasters se 2025-produksieveiling.

Jaarlikse produksieveiling wag

Kopers en belangstellendes word uitgenooi na Steinberg Beefmasters se jaarlikse produksieveiling wat op Dinsdag 7 Julie 2026 om 11:00 op Mooiplaas, Hendrina, aangebied word. Op aanbod is 35 bulle – 30 geregistreerde bulle, 5 kommersiële bulle asook 80 kommersiële koeie met kalwers. Die veiling bied ’n uitstekende geleentheid vir kommersiële boere wat betroubare geregistreerde bulle benodig, telers wat beproefde genetika wil inkorporeer en veeboere wat diere soek wat onder geharde suurveldtoestande kan presteer.

Met hul kombinasie van beproefde genetika, jarelange seleksie en praktiese veldprestasie bied Steinberg Beefmasters ’n aanbod wat gefokus is op funksionaliteit, aanpasbaarheid en kommersiële waarde, eienskappe waarop veeboere in enige beesbedryf kan staatmaak.

Steinberg Beefmasters nooi almal hartlik uit na hul jaarlikse produksieveiling. Die veiling word aangebied deur BKB en sal ook aanlyn op Meerkat se aanlyn-platform aangebied word – registreer hier. Besoek ook gerus hul Facebook-blad vir meer inligting en om op hoogte te bly van die Steinberg-kudde.

**BKS-inenting reeds gedoen: By Steinberg Beefmasters koop telers met ekstra gemoedsrus — al die diere is teen BKS ingeënt om kopers groter sekerheid en vertroue te gee. 

Vir enige navrae kontak:

  • Awie 082-825-9788
  • Rocco 082-799-2776

Ligging van die veiling – Mooiplaas:

https://maps.app.goo.gl/DvJXAHo6R1TUfPRr5 

Besigtig die uitnodigings- en lotvideos hier.

Besigtig die veiling op Agri4all hier

2

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

2