Categories: Februarie, LandboukalenderPublished On: 15th February 2022

Tigane Bonsmaras aanteelveilingsverslag

By 1 min read
187 words

Tigane_Bonsmara_Produksieveiling_aanteelveiling_verslag

Tigane Bonsmaras se jaarlikse produksieveiling het weer hierdie jaar op 10 Februarie 2022 plaasgevind. Die veiling was gehou op die plaas Goedvooruitzicht te Hartbeesfontein.

Daar was beide kommersiële en stoetdiere aangebied, oor alle produksiefases.

Die gemiddelde prys behaal vir kommersiële diere was soos volg:

Bonsmara koei en kalf: R29 012,66
Daar was ‘n totaal van 79 koeie met hul kalwers verkoop. Die duurste koei en kalf paartjie was verkoop vir R33 000,00.

Dragtige Bonsmara koeie: R27 500,00
Daar was ‘n totaal van 6 dragtige koeie verkoop. Die duurste koei het ‘n prys van R29 000,00 behaal.

Dragtige Bonsmara verse: R27 528,69
122 dragtige verse is tydens die veiling verkoop. Die duurste vers het ‘n prys van R31 000,00 behaal.

Die gemiddelde prys behaal vir stoet diere was soos volg:

Bonsmara bulle: R50 333,33
Daar was ‘n totaal van 9 stoetbulle verkoop. Die duurste bul, Lot 8 – HEB19-078, is verkoop teen R62 000,00. Die koper was Nico Basson van Noordbrug.

Bonsmara verse: R26 700,00
Daar was 10 stoetverse verkoop tydens die veiling. Die duurste vers het R27 000,00 behaal.

Vir meer inligting rondom stoet- of spesiale veilings, kontak vir Mari Steyn op 083 630 2334. Besoek ook gerus die webtuiste by: http://nklhveilings.co.za/

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0