Categories: Artikels, Junie, Landboukalender, VeilingsPublished On: 27th May 2025

Vlakte Bonsmara Studiegroep se Jongbeesveiling is om die draai!

By 1 min read
147 words

WhatsApp Image 2025-05-20 at 09.36.11

Boere in die mark vir topgehalte jongvee kan hierdie datum met vet rooi ink omring – die Vlakte Bonsmara Studiegroep hou hulle jaarlikse Jongbeesveiling op Woensdag, 11 Junie 2025 op Plaas Doornpan, Roedtan.

Op aanbod:

  • 50 Supers
  • 100 C-grade
  • +/- 650 Speenkalwers
  • Stoorkoeie

Die Vlakte Bonsmara Studiegroep staan bekend vir hulle streng seleksie van diere met bewese prestasie, funksionele doeltreffendheid en uitstekende temperament. Hierdie veiling is nie net ‘n koopgeleentheid nie, maar ook ‘n netwerkgeleentheid waar boere hulle kennis kan deel en die dag saam met die Vlakte-groep kan geniet.

Belangrike besonderhede:

📍 Plek: Plaas Doornpan, Roedtan

📆 Datum: Woensdag, 11 Junie 2025

🕘 Tyd: Veiling begin om 11:00

Vir meer inligting kontak enige van die Vleissentraal bemarkers:

Hendrik van der Walt: 083 628 930

HP van der Walt: 081 011 2049

Bly op hoogte van die Vlakte-groep se komende veilings en gebeure deur die jaar deur hulle sosialemediaplatforms te volg of besoek hulle webwerf.

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0