Geskiedenis van die Summer Sale veiling

Screenshot 2023-08-15 080212
Santarific Santas is gestig in 2008 en het al 9 produksieveilings gehou saam mede-telers. Ons hou 7 September 2023 ons 4de produksie veiling alleen wat bekend staan as die Summer Sale tesame met ons Dormer Stoet, Dormerific Dormers en die Sombrero Santa Stoet van Jan Botma. Hierdie jaar het ons ook 2 Beefmaster Bulle beskikbaar (Cherry Red Beefmaster)

Die Summer Sale het die afgelope 4 jaar 27 stoetbulle verkoop aan stoettelers en ongeveer 45 na kommersiële boere. Baie goeie genetika van die Santa Gertrudis-, Dormer- en Beefmaster Ras sal beskikbaar wees by ons 4de Summer Sale op 7 Sept 2023 te Be-Human, Middelwater net buite Bloemfontein.
Dormerific Dormers

Dormerific Dormers is gestig in 2018 en het uit die staanspoor besluit om net te belê in goeie genetika. Die Dormers het puik pryse behaal die laaste 3 jaar en doen ook hierdie jaar sy 4de produksie veiling. Daar word van alle moderne metodes gebruik gemaak, soos Embriospoelings en Laparoskopieë waar daar ook geslagsbepaalde saad gebruik word. Die lampersentasie staan op 185%. Die ram Dik Daan JH 18-130 het ’n groot invloed op die Dormerific kudde en een van sy beste seuns , DR 21-78 (Ratel) word aangebied op ons Summer Sale. ‘n Ander hoogtepunt is dat daar ook vir die eerste keer tydens Summer Sale van Dik Daan se saad (100 strooitjies) beskikbaar gaan wees. Timmy Robertson is in beheer van Dormerific en leef sy passie uit deur gedurigdeur top nuwe genetika by te voeg tot die stoet.
Santarific Santas

Santarific Santas het in 2022 die LNR Platinum Bul (Lot 8), Elite Koei en Prestasie Toetsklas-bul gewen en was ook finalis in die LNR Kudde van die Jaar Toekenning. Santarific het ook die Santa Gertrudis Ras verteenwoordig by die Stamboek Prestasie Toetsklas met bul SS 20-173 wat as Lot 5 beskikbaar is op die veiling. Daar word gebruik gemaak van top genetika om die stoet te verbeter. Santarific is baie betrokke by genomika, skandering van diere vir groei- en vleiskwaliteit, asook Fase C en D toetsing van jong bulle. Streng seleksie word in die kudde toegepas veral vir eienskappe soos vrugbaarheid en groei. Die stoet het al verskeie kampioene landswyd opgelewer. Bul SS 18-19 is ‘n besonderse goeie bul wat huidiglik in die kudde gebruik word en wie se saad (50 strooitjies) as Lot 1 op die Summer Sale veiling beskikbaar gaan wees.
Sombrero Santas

Sombrero Santas is gestig in 2016. Ons koop al van die begin af goeie genetika vanaf die beste telers in die bedryf. By Sombrero Santas streef ons daarna om elke jaar op die Summer Sale produksie veiling baie goeie diere op te sit en probeer ook elke jaar om ons kudde te verbeter deur van die beste bulle en vroulike diere op die mark aan te skaf. In 2023 het Sombrero Santas besonders goed gevaar by Bloemskou, waar ons die Norma Seyfferdt Wisseltrofee verwerf het.
Dagboek 7 September 2023 om 11:00 vir Summer Sale se 4de produksieveiling te Be-Human, Brandfort.



Facebook: